Die wenners is aangekondig

  • 55

Die volgende wenners is deur 'n gelukstrekking aangewys. Hulle is reeds per e-pos verwittig:

Boekpakkie 1: Lian Welthagen

Boekpakkie 2: Ankia van der Westhuizen

Boekpakkie 3: Corlene Slater

Baie geluk aan die wenners en baie dankie aan almal wat deelgeneem het.

*

Dit is skoolvakansie en LAPA Uitgewers wil almal aanmoedig om ’n boek te lees. Daarom gee ons in samewerking met LitNet agt lekkerleesboeke weg.

Jy hoef net twee vrae te beantwoord om in aanmerking te kom om ’n boekpakkie te wen:

  1. Watter boekpakkie wil jy wen (nommer 1, 2 of 3)?
  2. Watter oud-president se verjaarsdag word op 18 Julie gevier?

Stuur jou antwoorde per e-pos aan izakd@lapa.co.za.

Die sluitingsdatum is Vrydag 14 Julie 2017. Die wenners sal met ’n gelukstrekking bepaal word.


Boekpakkie 1: Vir die jongspan

Die Fantastiese avonture van Theo die kat

Wendy Hartman

Illustreerder: David Theron

Meer inligting:

Theo bly saam met sy ma, sy broer en sy suster reg langs die biblioteek. Die ander katte stel net belang in kos, kattekwaad en kattemaai. Nie Theo nie, hy hou van lees.  Theo is dus slim en hy red die ander katte uit groot moeilikheid!


Z is vir Zackie 5: Die pretpark

Jaco Jacobs

Illustreerder: Alex van Houwelingen

Meer inligting:

Zackie en Vincent kan nie wag nie. Hulle gaan vandag pretpark toe! Daar is ’n Groot Wiel, ’n Wilde Wipwa en ’n Spooktrein. Anton, die skool se grootste boelie, is ook by die pretpark. Toe hy vir Vincent begin terg, besluit Zackie om hom ’n les te leer!


Stalmaats 19: Pretrit

Lize Roux

Meer inligting:

Die skoolvakansie is om die draai en Anri is baie opgewonde toe sy hoor haar beste vriendin van haar vorige ryskool kom kuier. Nadine is ook lief vir perdry. Dit is boek nommer 19 in hierdie baie gewilde perdereeks.


Boekpakkie 2: Vir die lesers wat nog nie oud is nie

Die rooikop, die leeu en die handgranaat

Annelie Ferreira

Meer inligting:

Adele was nog altyd versot op kuns. Dit was haar díng. Maar sedert die begin van die jaar kry sy skielik vrot punte. Die afgelope tyd voel dit buitendien of ’n groot hand haar wêreld gevat en geskud het. Dit alles begin die middag toe sy van die skool af stap en ’n leeu in hulle tuin ontdek ...


Dromers

Fanie Viljoen

Meer inligting:

Dans is Byron Carelse se hele lewe. Dit is sy energie, sy passie, sy geluk ... sy vonk. Wanneer die ritme sy lyf beetkry, vergeet hy van die probleme wat by die huis op hom wag. Op ’n dag sien iemand Byron se talent raak. Hy kry om deel te wees van ’n glansryke vertoning by die kunstefees. Maar wat doen jy as die lewe jou drome probeer steel?


Om te dans

Noreen Nolte

Meer inligting:

Skaars drie maande terug was Lisa se lewe nog normaal. Hulle was ’n gesin, sy het vriende gehad en sy het geléwe vir ballet. Toe verander alles. Lisa is nie seker of sy kans sien vir hierdie nuwe begin nie. ’n Mens kan egter nie ’n “delete-knoppie” druk en al die aaklige dinge in jou lewe uitvee nie. Die enigste ligpunt is Jaco, haar ouma se buurseun met die donker oë.


Boekpakkie 3: Twee aktuele, lekkerleesboeke vir die ouer garde

Heiliger

Dibi Breytenbach

Meer inligting:

Hendrik word verdink van sy buurseun se dood en word in die tronk gestop. Hy weet hy het die seun nie geskiet nie, maar hoe bewys hy dit? Saam met Hendrik beleef ons magteloosheid in die stinkende tronk- en hofselle terwyl die regslui en die polisie kibbel. Breytenbach is ’n regsgeleerde en met hierdie boek sleep sy die leser saam met haar. Dit is ’n naelbyter, want natuurlik wil almal weet hoe die seun gesterf het. Gaan Hendrik oud word in die tronk?


Wilde klawer

Vita du Preez

Meer inligting:

Wilde klawer is die vierde boek in die Du Preez se reeks. McKenna Wilde keer terug haar terug na haar geboorteland, Noord-Ierland. Hier word sy gekonfronteer met haar ma se verlede. Die Wildes was betrokke by die IRL (Ierse Republikeinse Weermag) se bloedige stryd teen Britse oorheersing. McKenna moet leer dat sy nie van haarself en haar herkoms kan vlug nie. Toe sy boonop iemand ontmoet wat haar hart raak, moet McKenna begin keuses maak waarvan sy niks hou nie.

  • 55

Kommentaar

  • Vanessa Kilian

    Sjoe dit is baie moeilik om te kies met almal in elke ouderdomsgroep en met sulke oulike boekkeuses ... ek sou graag boekpak 2 wil wen, my dogter is mal oor Fanie Viljoen en sy dryf my teen die mure uit erg verveeld die vakansie. LitNet julle kook.

  • Boekpakkie nr 3 asseblief! Want ek verjaar vandag!En wat is lekkerder as boeke as verjaardaggeskenk?!😉

  • christelle taljard

    Pakkie nommer 1. Nelson R Mandela. My dogtertjie is versot op Jaco Jacobs en die mamma kan nie voorbly met leesstof nie!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top