kykNET Fiëstas 2018: Wenners

  • 2

Vanjaar se kykNET Fiëstas het op Donderdag 8 Februarie by Montecasino Teatro in Johannesburg plaasgevind en was oudergewoonte regstreeks op kykNET, DStv-kanaal 144 uitgesaai.

Schalk Bezuidenhout het die program as seremoniemeester gelei en was bygestaan deur mede-aanbieders Anna-Mart van der Merwe, Cintaine Schutte, Dean John Smith, Vashti Prins en Bennie Fourie. Die spesiale uitsending het optredes deur Francois van Coke, Lynelle Kenned, Hakkiesdraad Hartman ingesluit.

Natuurlik was daar nie net glans en swier op die blou tapyt nie, maar die gehoor was bekoor met talle feesuittreksels uit benoemdes se werke, en vermaak van top gehalte teaterproduksies.

Hier is vanjaar se wenners:

Beste akteur:
Paul du Toit – Melk & Vleis 

Beste aktrise:
Tinarie van Wyk Loots – Wild

Beste manlike byspeler:
Kopano Maroga – Buite Land 

Beste vroulike byspeler:
Tarryn Wyngaard – Liewer

Beste regie:
Lara Bye – Die reuk van appels 

Beste teaterontwerp:
Neil Coppen en Vaughn Sadie – Buite Land; Stel 

Beste spel in ’n solo-vertoning:
Gideon Lombard – Die Reuk van Appels

Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks:
Marina Albertyn – Melk & Vleis

Beste opkomende kunstenaar:
Retief Scholtz – Teks vir Dop en Weerkaats

Beste prestasie in klassieke musiek:
José Dias (klavier) en Janelle Visagie (sopraan) – Pioniers 

Beste prestasie in visuele kuns:
Henk Serfontein (kunstenaar) – Winterslaap 

Beste musiekgedrewe produksie – buitelug:
Judith Sephuma 

Beste musiekgedrewe produksie – podium:
Stef Bos – Bos Innibos

Beste musiekgedrewe produksie – teater:
Die Riel van Hip-hop 

Beste aanbieding: 
Die reuk van Appels

Beste duo of ensemble:
Nêrens, Noord-Kaap

Beste vertaling of verwerking van ’n bestaande werk:
Die Reuk van Appels, verwerking van Mark Behr se gelyknamige roman deur Johann Smith

Gewildste fees:
Aardklop

Lewensbydrae tot teater:
Carel Trichardt en Petru Wessels
Simon Bruinders
Trix Pienaar

  • 2

Kommentaar

  • Ek mis nie een jaar die glansgeleentheid se uitsending nie. Interessante stel ... interessante keuse vir 'n MC ... goeie uittreksels gesien en stem volkome saam met die toekennings gemaak. Só bly Aardklop is vereer. O ja en met ensemble-werk moet mens maar mooi bewus wees van balans. Nietemin, 'n "gawe" uitsending.

  • Amper vergeet ek. Ek wou nog vra. En al die leë sitplekke by die Fiestas? Dis nogal vreemd.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top