Kunsmatige intelligensie is nie gemik op meer werksgeleenthede nie

  • 4

https://businesstech.co.za/news/business/200016/sa-companies-look-to-robotics-ai-and-iot-to-fight-for-profits/

Hoe politici miljoene werkgeleenthede gaan skep in x-tyd gaan my denke te bowe ... Dis soos om swemkompetisie stroom-op te swem. 

Meganisering gaan nie meer vir lank mensbeheerde masjiene wees nie, maar gaan meer na Kunsmatige-intelligensie as operateur neig. Dalk gaan die rekenaar-operateur die voorman oor X hoeveelheid kunsmatige intelligensie masjiene wees in afsienbare toekoms. 

  • 4

Kommentaar

  • Vroeër jare het ek en 'n maat van my stroom-op in die Tugella geswem. Hy het my eenkeer gewen, maar dis omdat hy voor my in die water gespring het. Verder twyfel ek of hierdie rekenaar van my ooit self besluite gaan neem. As hy dalk sy gene begin voortplant, kan ek nog altyd sy gorrel knip deur die krag af te skakel.

  • Hans Richardt

    Angus, Angus. Ek begin so stukkie van FC Boot-invloed by jou. Die nano-robotte wat dokters reeds in bloedstroom kan spuit, neem self besluite, as nano-robotte.
    Hoe sou jy nou so-iets se gorrel afsny? Slimprosesseerders gaan fraksie van energie van hedendaagse rekenaars gebruik. Verder sal die goed aanhou werk, al sit jy krag af.

  • Aitsa F C Boot-invloed.
    Die goedjies waarvan jy praat neem nie self besluite nie. Hulle is so geprogrammeer om bv kankerselle te identifiseer en te vernietig. Ook maar goed so Hans anders het hul dalk besluit om die 'stem cells' verantwoordelik vir hoër breinfunksies oor te neem en jou in robocop te verander.

    Hoe is daai vir F C Boot-invloed?

    Lekker dag

  • Beste Hans,
    Jy dink as nano-robotte of wat ook al in 'n mens se bloed ingespuit word, dan is dit integrasie. Dan is gewone griepinspuitings ook integrasie, want die griepvirus neem die DNA oor om te repliseer. Google sal nog by jou kom spook.
    Groete,
    Angus

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top