krisistyd

opvoedingsinstellings promoveer, de facto, onkund’-ontkenningskunde,
kinners swerf rond in struktuurgewelddadigheid se stink geweldswinde,
m’t kapitaalhebsugtiges wat nes wille aasdiere, strategies, kom aas,
pseudo-geestelikes oor moraliteitsregressie nie onthuts, of v’rbaas

Self-destruksieproses, submissivering van Eie, buite b’heer,
via “Duiwelspiek”-hoerpriesters, wetenskaplik g’koördineer,
Mens, wattie v’rlies van G’wete, Spiritualiteit, nu kan v’rmy,
grense van onmenslikheid respek- en gewetenloos oorskry

Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens, nie in staat, t’v’rstaan,
selfs aanleer van Beginsel, Fundamenteel, supervolstrek weier,
t’rwyl Planeet, Moeder Aard’, onner druk van sodaniges steier,
ineenstort, stuk-vir-stuk, in duie, so últra-apokalipties v’rgaan

swig waarheid voor Kapitaal se illusie, wanopvatting, leuen,
verleen t’min Mens aan Naaste enig’ hulp, bystand of steun

Jacobus Faasen

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top