Kortlyste vir 2018 Media24 Boeke-pryse bekend

  • 0

Media24 Boeke kondig met trots die kortlyste aan vir die Media24 Boeke Literêre Pryse vir 2018. Dié pryse word in ses kategorieë toegeken en het ’n gesamentlike prysgeld van R210 000.

Met hierdie pryse word jaarliks erkenning gegee aan die beste boeke wat in die voorafgaande jaar deur boekuitgewerye in die Media24-groep gepubliseer is. Dié uitgewerye sluit NB-Uitgewers (met drukname soos Human & Rousseau, Tafelberg, Kwela en Queillerie) sowel as Jonathan Ball Publishers in.

Onafhanklike keurpanele het die kortlyste saamgestel uit altesaam 80 titels wat voorgelê is. Die kortlyste bestaan uit drie titels elk, afgesien van die Elisabeth Eybersprys waar ’n buitengewoon sterk veld meegebring het dat vier digbundels in aanmerking kom vir die prys.

Die kortlyste, in alfabetiese volgorde volgens skrywer, is soos volg:

WA Hofmeyrprys vir Afrikaanse fiksie (romans, kortverhale, drama)

  • As in die mond deur Nicole Jaekel Strauss (Queillerie)
  • Die wêreld van Charlie Oeng deur Etienne van Heerden (Tafelberg)
  • Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter (Tafelberg)

Klik hier vir resensies en onderhoude.

Herman Charles Bosmanprys vir Engelse fiksie (romans, kortverhale, drama)

  • The Life of Worm and Other Misconceptions deur Ken Barris (Kwela)
  • I am Pandarus deur Michiel Heyns (Jonathan Ball Publishers)
  • Being Kari deur Qarnita Loxton (Kwela)

Klik hier vir resensies en onderhoude.

Recht Malanprys vir niefiksie

  • How to Steal a City deur Crispian Olver (Jonathan Ball Publishers)
  • The President’s Keepers deur Jacques Pauw (Tafelberg)
  • Khwezi: The Story of Fezekile Kuzwayo deur Redi Tlhabi (Jonathan Ball Publishers)

Klik hier vir resensies en onderhoude.

Elisabeth Eybersprys vir digbundels

  • Nou, hier deur Corné Coetzee (Human & Rousseau)
  • Radbraak deur Jolyn Phillips (Human & Rousseau)
  • Alles het niet kom wôd deur Nathan Trantraal (Kwela)
  • In die stille agterkamer deur Marlene van Niekerk (Human & Rousseau)

Klik hier vir resensies en onderhoude.

MER-prys vir jeugromans

  • Hap deur Lesley Beake (Tafelberg)
  • Blou is nie ’n kleur nie deur Carin Krahtz (Tafelberg)
  • Soen deur Jan Vermeulen (Tafelberg)

Klik hier vir resensies en onderhoude.

MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke

  • The All Africa Wildlife Express deur Rosamund Haden en Tony Pinchuck (illustreerder)
  • Karel Kraai se kitaar deur Louise Smit en Luan Serfontein (illustreerder)
  • Liewe Heksie en die sterretjieskombuis – gebaseer op die oorspronklike verhaal van Verna Vels en geïllustreer deur Vian Oelofsen

Die wenner in elke kategorie ontvang R35 000. By die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke word die prysgeld verdeel tussen die skrywer en illustreerder.

Die pryse word op Donderdag 14 Junie in Kaapstad toegeken.

 

WA Hofmeyrprys vir Afrikaanse fiksie: Resensies en onderhoude

As in die mond deur Nicole Jaekel Strauss: ’n onderhoud

Die wêreld van Charlie Oeng: ’n resensie

Kunstenaar van die lem: Etienne van Heerden se Die wêreld van Charlie Oeng

Die wêreld van Charlie Oeng: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n resensie

Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Video: Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter word bekendgestel

Herman Charles Bosmanprys: Resensies en onderhoude

The Life of Worm & Other Misconceptions: a review

Being Kari: an interview with Qarnita Loxton

Recht Malanprys vir niefiksie: Resensies en onderhoude

Press release: Impact of The President’s Keepers continues to spread

Elisabeth Eybersprys vir digbundels: Resensies en onderhoude

Nou, hier deur Corné Coetzee: ’n resensie deur Heilna du Plooy

Nou, hier deur Corné Coetzee: ’n resensie

nou, hier deur Corné Coetzee: foto's en video's van die bekendstelling

Radbraak deur Jolyn Phillips: ’n resensie

Alles het niet kom wôd deur Nathan Trantraal: ’n resensie

Video: Bekendstelling van Marlene van Niekerk se beeldgedigte

MER-prys vir jeugromans: : Resensies en onderhoude

Blou is nie ’n kleur nie deur Carin Krahtz: ’n resensie

Soen deur Jan Vermeulen: ’n resensie

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top