Kortlys: NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd

  • 0

Inskrywings vir NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd het op 1 November 2011 gesluit. Die kortlys is pas bekendgemaak. Die eindbeoordelaars was Willie Burger, Linda Rode en Louise Viljoen.

Die kortlyskandidate in die kategorie vir gepubliseerde skrywers is:

1000  stories oor Johannesburg deur Harry Kalmer, Queillerie;
Die aanspraak van lewende wesens deur Ingrid Winterbach, Human & Rousseau;
’n Man van min belang deur Chris Karsten, Human & Rousseau;
Liefste Lena deur Jaco Fouché, Kwela; en
Wolf, wolf deur Eben Venter, Tafelberg;

Die kortlyskandidate in die debuutkategorie is:

Koljander deur Carié Maas, Human & Rousseau; en
Konteks deur Madeleine Volschenk, Human & Rousseau.

Met ’n eerste prys van R200 000 is dit die grootste Afrikaanse literêre prys. Die tweede prys is R70 000, die derde R40 000 en die debuutprys R40 000. Altesaam 129 inskrywings is ontvang, onder meer verskeie manuskripte van voorste Suid-Afrikaanse skrywers. Daar was ook ’n aantal opwindende nuwe stemme. Vir Sanlam se Groot Romanwedstryd (soos dit voorheen bekendgestaan het) is 105 inskrywings in 2009 ontvang. Deelnemers kon vanjaar aandui by watter van NB-Uitgewers se drukname hulle graag wil publiseer: Tafelberg, Human & Rousseau, Kwela of Queillerie.

Die wenners word op Maandagaand 12 Maart 2012 by ’n private funksie by The Bay Hotel in Kampsbaai aangekondig.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top