Te midde van die werksdinge van hierdie dag, is daar ’n klompie melodieë wat tydig en met klinkende reëlmaat my gedagtes na hierdie skryfding terugroep. Iets waaroor ek beide bly en hartseer is.
Sedert die begin van die skryfperdjie, was 2017 die jaar waarin ek die minste skryfstukkies of opstelletjies die papier laat sien het. Dit was gewis nie asof daar minder geleenthede vir skryf of vir denke oor dinge was nie, inteendeel, dit was eerder dat ek met ’n hoop somber goeters gestoei het dat dit vir my gees en gawe veiliger was om dit daar te los waar dit gebore word – in die laaste en in die eerste gedagtes van baie dae.
“O Heer my God as ek in eerbied wonder. En al U werke elke dag aanskou …” was een van ’n oorlede studentevriend se gunsteling Psalms. Ek en hy het die lied graag saam en uit volle bors gesing, maar nou, nou sing ek dit soms alleen in die kar op pad iewers heen. Ek verlang soms na Smiley en dan, met die sing van hierdie lied, waarvan ek nie altyd al die woorde kan onthou nie, dán voel dit vir my of hy saamsing.
Hierdie lied het egter onlangs vir my meer waarheid as net goeie herinneringe oopgemaak.
Te midde van die ekonomiese en politieke stryde wat ons landjie en waarskynlik elke ander land ook mee woel, was daar nog altyd in my ervaring van stabiliteit ’n blindelingse aanvaarding dat dít wat deur “ons mense” geskep is, nie twyfelagtig hoef te wees nie; dat die integriteit van groot nasionale ondernemings en plekke soos die Johannesburgse Aandelebeurs sonder meer as gegewe aanvaar word en dat ons, die wandelaars van die werkgange, nie ’n aks se kommer oor ons geldjies wat hier lê en belê word, hoef te hê nie.
Tot weer verlede week …
aan die opskrifte van elke paal
en tydens die suurmelk-gesprekke van elke maal,
erken ons sterflinge dat ja,
ons het andermaal en weer gefaal!
Kortom, die kreukelvrye sekerheid wat veronderstel is om in die finansiële state en -bestuur van ’n reuse onderneming gevestig te wees, is eensklaps weg; net summier weg!
Soos die nadraai van ‘n hongersnood of tsunami, tref die nagmerrie penarie elke Jan- en San-spaarder mettertyd en vra hul hulpeloos verward: “wie of wat is volgende?” en asof die antwoord meer sin as geld vir die mense mag inhou, onthou ek onwillekeurig Smiley se lied en die woorde van hoop …”Hoe U dit elke dag so onderhou …”
“Maar hier moet jy jou nimmer laat bind/ want so lui die ou, ou sprokie my kind/ As jy geluk en vreugde wil vind/ soek die neonboog se punt …” so speel die woorde van Koos DuP se Sprokie vir ’n stadskind vanoggend weer aan en aan in die stiltye van my gedagtes.
Ek dink aan die sinnelose moord van ’n skilpad aan die Weskuspad verlede Saterdag en die stukkies dop en bloed wat onder die voorwiel van die kar agter my uitspat en hoe daar gister niks oor was toe ons weer by die gruweltoneel verby gery het nie; niks, nie eens ’n bloedmerkie het van die jongerige skilpad oorgebly nie.
En, ek dink aan ’n vrou wat amper 60 jaar oud moes word, voordat sy vir die eerste keer in haar lewe ’n foto van haar jong moeder kon sien; hoe die sekerheid van ouerliefde ’n gegewe is tot jy die verlies en oorwinning in die oë van ’n weeskind raaksien en besef dat dít ook nie gewaarborg was nie.
Koos se gedig-wat-lied-geword-het gaan oor straatkinders. As die kinders eers in die stad vasgevang is, is die kanse skraal dat hulle ooit weer daaruit sal kan ontsnap, maar dit gaan ook daaroor dat die kinders nooit moed moet opgee nie en moet aanhou soek … na ’n uitkoms, want: “As die reën van stof en roet verby is en die rook verdwyn/ sal daar in die sterrelose hemel ’n neonboog verskyn …”, maar hier waar ek vandag sit, gaan dit oor baie meer as net straatkinders.
Koos se gedig gaan oor my en elkeen wat wil saam dink; want ons delwe en soeke na “die land van blou saffiere en dalk ‘n brokkie son” is die rede waarom ons soms blind word vir die werklikheid en sinneloos bly staatmaak op die sekerhede wat ons blykbaar kan sien.
Die werklikheid hier en nou is: daar is geen vaste sekerheid in Bitcoin of Krugerrande of enige ander onderneming of finansiële model nie; daar is geleenthede vir wen of verloor en daar is risiko’s wat gemeet en mee saamgeleef moet word – dit is die beste moontlike sekerheid – totdat Smiley se liedjie sommer lukraak begin draai met “…Ek sien die veld – die bosse, berge, vlaktes./ Ek hoor hoe fluister grasse, stroom en wind./ O Heer, U sorg vir klein, vir groot, vir alles/ en U sorg dag na dag vir my, U kind.”
Kommentaar
Onthou jy 'n droom met 'n wrede ontwaking in
Green,green grass of home
The old home town looks the same
As I step down from the train
And there to meet me is my Mama and Papa
Down the road I look and there runs Mary
Hair of gold and lips like cherries
It's good to touch the green, green grass of home
Yes, they'll all come to meet me
Arms reaching, smiling sweetly
It's good to touch the green, green, grass of home
The old house is still standing
Tho' the paint is cracked and dry
And there's that old oak tree that I used to play on
Down the lane I walk with my sweet Mary
Hair of gold and lips like cherries
It's good to touch the green, green grass of home
Yes, they'll all come to meet me
Arms reaching, smiling sweetly
It's good to touch the green, green grass of home
Then I awake and look around me
At the four grey walls that surround me
And I realize, yes, I was only dreaming
For there's a guard and there's a sad old padre -
Arm in arm we'll walk at daybreak
Again I touch the green, green grass of home
Yes, they'll all come to see me in the shade
Of that old oak tree
As they lay me neath the green, green grass of home
Lekker dag
Koos onder bed, Smiley in oond ... rustig.
Wat het die inbreker onder die bed gesê toe hy per ongeluk raakgeskop is?
"Ping!"