Konsentrasiekampe

  • 6

In 1900 was beide Brittanje en VSA besig met koloniale oorloë. VSA het in Kuba en die Filippyne konsentrasiekampe gehad, waar die sterftes van siviele bevolking baie hoër was as in SA in dieselfde tyd.

Emily Hobhouse het tegnologie en media teen die koloniale mag gebruik en daardeur hulp in kampe gekry. Die VSA het geleer en media verbied in hul konsentrasiekampe. 

As ek moet meet wat NATO se sukses in Korea, Viëtnam, Afghanistan, Irak en Sirië is, het hul nie veel van teeninsurgensie geleer nie. VSA met hul NASA-tegnologie, kan nie die plaaslike bevolking verslaan nie. 

Net soos Britte in ABO met draai van eeu en inligtingtegnologie-ewolusie, so het VSA gefaal in Afghanistan, waar PB's op perde, muile en donkies makliker beweeg, as groot konvooie mynbestande voertuie. PB's is die logistieke Ketting vir Taliban, wat meer populêr is as Yanks. Sou Yanks etniese amalgamasie-agenda toepas, sal hul dalk beter sukses kry. Lord Kitchener se sukses was agv verraaiers, swart plaaslike bevolking en Kaapse troepe, wat die intelligensie verbeter het na Lord Roberts se flaters. 

  • 6

Kommentaar

  • Hans doen jouself die guns indien jy dit nie reeds gedoen het nie en lees Kamphoer. Erg, maar die wiel draai.

  • Hans Richardt

    Die Boereleiers was net so aandadig aan lot van vroue en kinders in kampe. Hou ingedagte dat Boerekommando’s hoofsaaklik voorrade konvooie aangeval het in guerrilla-fase.
    Die Britte het beide die Geneefse en Den Haagse konvensies oortree met Verskroeide aarde beleid, want dit het juis weermagte verbied om siviele persone te teiken, as strafmaatreël vir guerrilla-optrede.
    Laastens, die Boerevroue en kinders was nie unieke slagoffers in die tydperk nie. Die VSA het in dieselfde tydperk oorlog teen Kuba en Filippyne gevoer en daar is meer siviele mense dood in hul konsentrasiekampe gedurende 1899 tot 1902, as in Suid-Afrika.

  • Hans Richardt

    "The Hell riders", Afro-Amerikaners, in Kuba, was in beheer van konsentrasiekampe in Kuba. Dus het die Afro-Amerikaners ook geskiedenis van internasionale menseregte-skendings. Ons hoor gedurig in politieke korrekte media van "siviele regte-beweging" in VSA. Destyds was daar nie soveel mulatto in Kuba nie en hul het geen empatie met Spaanse siviele burgers gehad nie. Die tydperk was 1898 tot 1902!

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, ek kyk net na harde feite. Burgerlike beskerming was nie prioriteit vir Boereleiers nie. Die Britte moes vir 400 000 koloniale soldate en vir 200 000 konsentrasiekamp-inwoners kos, medikasie en klere voorsien. Dit terwyl ons "volkshelde" voortdurend aanvalle geloods het op voorrade-treine, konvooie, om self kos te kon kry. Vraag is - wanneer is genoeg genoeg?
    Die Britte het geplunder en strafmaatreëls teen vroue gehad, wie se mans in plaaslike kommando’s was en deur "joiners", verraaiers en slapgatte uitgewys was aan Britte. Hierdie Boereverraaiers was tog skuldig aan menseregte-vergrype. Daar was 1899 Den Haagse konvensie, gedryf deur Tsar Nicholas se afgevaardigde, waar die ondertekenaars hul verbind het om nie Militêre optrede, teen siviele persone wat hulp aan guerrillas verleen het, te doen nie.
    Brittanje het, Duitsland en VSA het. Tog het VSA dit in Kuba en Filippyne gedoen teen siviele bevolking. Emily Hobhouse het dmv foto’s en telegraaf gereeld rapporte gestuur aan haar liberale hulporganisasie in London.
    In 1898 het Britte 500 000 ton vrot VSA vleis geweier in London. Die vleis was deur die VSA-weermag vir Afro-American Rough Riders en Kubaanse konsentrasiekampe gestuur in 1899! Daar was humanitêre krisis in Kuba. Dieselfde in Filippyne.
    Vir my gaan dit daaroor dat geskiedenis met agenda geskryf word, nie werklike feitlik nie.
    Brittanje het kompensasie betaal in verskeie vorme, na ABO. My pa het ook staatslening gehad in die vorm van staats-osse, implemente en saad. Die droogte in depressie-era het klein bestaansboere laat uitboer. Die kommersiële boerkonsep het toe oorgevat, met groter plase en diverse boerdery.
    My oumas het die lening, eiendom oorgeteken aan my pa, wat skynbaar te lui was om alles alleen te moes doen ...
    Vir my gaan dit oor begrip, dat Boere nie net helde was sonder kleivoete nie.
    Die gewone mense moet opgevoed word as kiesers, voor daar werklike demokrasie kan bestaan. Die Griekse filosowe het reeds genoem dat demokrasie 'n tirannie van onopgevoede kiesers is ...

  • Die vraag wat eerder beantwoord moet word is wie het die oorloë plaaslik begin en sou die geskiedenis nie totaal anders verloop het sonder die oerloë?

  • Hans Richardt

    FC BOOT, as Paul Kruger nie die diktator was wat hy was nie, meer redelike man soos MT Steyn, kon dinge anders verloop het.
    Dan ook, Paul Kruger was ook veewagter, met laerskoolkwalifikasie.
    Ek dink dat daar baie analogieë tussen hom en Zuma is. Hy het slegs 840 stemme meer as Piet Joubert tydens sy 3de termyn verkiesing gehad.
    My storie van staatskaping? Dink bv Sammy Marx, die Nederlandse Algoa spoorlyne ... Meer geld aan wapens, as aan mediese dienste en staatsubsidies vir skole op platteland. Geen basiese dienste soos water en riolering op platteland. Dan, steel hy hele staatskas en verkas Switserland toe daarmee? Daar was geen voordeel uit sy vlug uit ZAR!
    Pres MT Steyn het vir hele duur van oorlog in Vrystaat gebly. Hy was aktief betrokke by opheffing van vroue en kinders na ABO!
    Glo my, ek is nie polities korrek nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top