Kompetisie: Hoe maak jy jou kind lief vir lees?

  • 13

Hierdie kompetisie het reeds gesluit. Hier is die aankondiging van die wenners.

Met die onlangse skoolvakansie het baie ouers sekerlik gevoel dat hul kinders te veel tyd op hul selfone of rekenaars of voor die televisie deurbring. Hoe moedig jy jou kinders aan om eerder ’n boek te lees? En hoe kweek jy by hulle liefde vir lees?

Lees hier ’n paar van die inskrywings wat ontvang is.

Stuur vir ons jou raad of wenke teen 4 Mei 2018 en staan ’n kans om ’n opwindende boekpakkie vir jou kind(ers), geborg deur NB-Uitgewers en Protea Boekhuis, te wen.

Reëls

  • Slegs een inskrywing per persoon.
  • Jou inskrywing moet in Afrikaans wees.
  • Deur in te skryf stem jy daartoe in dat jou inskrywing op LitNet gepubliseer mag word en vir bemarkingsdoeleindes gebruik mag word, alhoewel LitNet die reg voorbehou om nie alle inskrywings te publiseer nie.
  • Jou inskrywing moet jou eie werk wees en mag nog nie voorheen elders verskyn het nie, insluitend op sosiale media.
  • Deur in te skryf gee jy toestemming dat jy ingeteken word op LitNet se nuusbrief, wat jy een keer per week per e-pos sal ontvang. Jy kan enige tyd uitteken.
  • Die uitslae is finaal en daar sal geen korrespondensie oor die uitslae gevoer word nie.
  • Die sluitingsdatum is 4 Mei 2018.

Hoe om in te skryf

Stuur jou inskrywing na line@litnet.co.za. Die volgende inligting moet by jou inskrywing ingesluit wees:

  • Jou raad of wenke vir hoe om ’n liefde vir lees by jou kinders te kweek
  • Jou naam en van
  • Jou telefoonnommer
  • Jou posadres. (Dit moet ’n Suid-Afrikaanse posadres wees.)
  • Die nommers van drie boekpakkies (in volgorde van jou voorkeur) wat jy graag sal wil wen, soos hier onder uiteengesit.

Slegs inskrywings wat per e-pos ontvang word, sal in ag geneem word.

Pryse

Die 10 wenners van die boekpakkies sal deur middel van ’n gelukstrekking bepaal word en jou voorkeur vir ’n boekpakkie sal so ver moontlik in ag geneem word na aanleiding van die volgorde waarin name getrek word.

Klik op die boektitel vir meer inligting oor die boek.

Boekpakkie 1

Boekpakkie 2

Boekpakkie 3

Boekpakkie 4

Boekpakkie 5

Boekpakkie 6

Boekpakkie 7

Boekpakkie 8

Boekpakkie 9

Boekpakkie 10

  • 13

Kommentaar

  • Alida Janse van Vuuren

    Nommer 3, 7, 9
    Ouma lees elke dag en daarom moet Michell (11 jaar) ook lees en Larochell (4 jaar) vat elke aand ’n boek en lees vir ons twee stories. Michell het vinnig geleer dat hoe meer sy lees, hoe minder tyd spandeer sy aan huiswerk en leerwerk. Speeltyd is boeke- en legkaarttyd. Kinders moet van kleins af blootgestel word aan boeke.

  • Debbie Stander

    My dogtertjie, wat kognitief gestremd gediagnoseer is, hou daarvan as Mamma stories lees. Sy sal self ook probeer lees as die bladsye vir haar kleurvol en interessant lyk. Sal bitter graag wil wen vir haar.

  • Amper omtrent al wat ek sien is: "Vertaal deur - "
    Nie dat ek iets daarteen het dat kinders aan verskillende kulture blootgestel word nie, dis goed, maar waar is ons eie kinderboekskrywers dan?

  • Estha Singeling

    Strokiesprente bly 'n groot gunsteling om 'n kind aan die lees te kry. Gelukkig is die nimlike Asterix boeke nou ook in Afrikaans beskikbaar.
    Beplan 'n skattejag met leidrade wat hulle moet ontsyfer uit Afrikaanse kinderboeke. Kinders is mal oor skattejagte!
    Ek het my kleinkinders die weermag alfabetkode geleer (Alfa, Bravo, Charlie, ens) en nou speel ons 'n speletjie: hulle moet die kode gebruik om 'n boek se naam te spel en die ander moet raai watter boek dit is. Die voorwaarde is dat die boek gelees moes gewees het.

  • Madelein du Toit

    Ek is ‘n ouma van 4 pragtige kleinkinders en liefde vir lees is vir my super belangrik.

    Ek het ‘n spesiale boekrak met kinderboekies wat by hul speelgoed staan. Die rak is kinderhoogte (oudste 3jr, 2jr, 1jr en jongste 10 weke) en hulle mag uitpak en lees nes hulle wil.

    Ek sorg dat met kuiertyd ons altyd ‘n boekie of twee of drie op lekker speelplekke neersit, hulle "ontdek" die boeke dan en hul aandag is dadelik verskuif.

    Ek verwys gedurig na voorbeelde in van die stories: Nes Repelsteeltjie, onthou jy? Of: Nes Aspoestertjie wat haar tande so mooi geborsel het, onthou jy?

    Indien my inskrywing oorweeg word, sou ek boekpakkie nr. 9 vir my wriemelwurms waardeer.

  • Kinders word lief vir lees wanneer jy as ouer tyd maak om vir hulle te lees. Ons het van kleins af ten minste ‘n halfuur voor slaaptyd in die bed geklim om te lees. Ek het vir hulle stories gelees en ons het vroeg begin om langer stories te lees en nie by bababoekies vasgehaak nie. Dit was deel van ons daaglikse slaaptyd roetine. Hulle was al in die laerskool en steeds het ons elke aand storietyd gehad. So kweek jy ‘n liefde vir stories en vir lees. Ek het ook gereeld met my kinders biblioteek toe gegaan en hulle geleer hoe om boeke waarvan hulle hou op te spoor. Ook het ons boekwinkels besoek en daar rondgesnuffel. Vandat hulle ouer is en self lees, is die roetine, meestal tussen skooldinge deur, dieselfde. In plaas van voor ‘n skerm lê, lees hulle vir ‘n halfuur voor hulle gaan slaap. Vroeg in die bed kruip maak ook dat hulle dikwels self vroeg wakker word en dan lê en lees hulle nog ‘n stukkie voor hulle dag begin. Monkey see, monkey do. As jy die voorbeeld stel help dit natuurlik ook. Dit is hoe ek by my kinders ‘n liefde vir lees gekweek het.
    Keuse:
    Boekpakkie 4 / 7 / 5

    • Beste Madalein, deelnemers mag van enige land wees, maar die boekpakkie kan slegs aan ’n Suid-Afrikaanse adres gestuur word. Jy kan dus ’n familielid of naasbestaande se adres verskaf. Groete, Liné Enslin, Assistentproduksiebestuurder

  • Ek begin om ’n storie te lees en stop op baie spannende plek. Die kind is nuuskierig en lees self verder. Boekpakkies 5,6 en 4

  • Lizelle de Klerk

    Ek was van baie kleins af ’n groot boekwurm. Alles gelees wat ek kon, en pryse op skool gekry daarvoor... Ek lees dus van jongs af al vir my seuns. Gereeld sal ek iets interresants aanhaal uit een van my boeke uit as ek dink dit hulle aandag sal vang. (En dit doen gewoonlik.) My groot geheim is om boeke te kry wat vir hulle interresant is – goed waaroor hulle wil lees! Ek het ook byvoorbeeld so ’n tyd terug vir hulle grillerboeke gekry vir kinders. Als net om die liefde te kweek. En as daar ’n storie op televisie kom wat ek weet ook in ’n boek is, sal ek ’n punt maak om te vertel hoeveel beter die boek was. Soos Goosebumps boeke. Ek gee ook een keer ’n maand vir hulle ’n boekverslag om in te vul sodat ons kan sien wat hulle van die boek verstaan het en dan bespreek ons die boek en al die onderliggende lesse wat deel was daarvan.

  • Rika pieterse

    Wees eerstens ’n voorbeeld. Begin en laat hul 20 minute ’n dag vir jou lees en bly vra: "En toe, wat het toe gebeur?" Hou aan tot die boek klaar is. Beloon jou kind met elke boek wat klaar gelees is, nie met geld nie, maar met iets wat sy graag wil doen.

  • Ek wil nie inskryf om te wen nie. My dogter sien my altyd lees en sy het gewonder hoekom. Die ATKV was by die skool met hul boekuitstalling en dit het hul belangstelling ook geprikkel. Ek't hulle gesê ek sal net een boek koop en as hul dit gelees het, kan hul die ander een kry wat hul graag wou hê. Dit het gewerk, want hul hoef toe nie hul sakgeld gebruik nie. Wat ek vir my dogter ook gesê het, is dat daar meer gebeur in ’n boek as ’n fliek. Gelukkig het Suurlemoen my aantygings bewys. Dit het haar aangespoor om eers ’n boek te lees voordat sy die rolprent kyk. Ons praat ook hier van Jou Romeo! Ongelukkig het dié resep nie vir boetie gewerk nie. Hy is maar glad nie een vir lees of enigsins skoolwerk oor die algemeen nie.

  • Ek vertel ’n wit leuentjie en sê: "O koek, ons internet is af, maar kyk die oulike boekie! Kom ons lees ’n bietjie." Dit werk nogal elke keer, maar my kleinkind is nou eers 5 jaar oud en weet nog nie regtig waar die internet "aan" en "af" sit nie. 😀😀

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top