Kobus, kom soos jy is

  • 4

Die Here verwag nie van jou om die wetenskap verkeerd te bewys nie. Hy verstaan goed dat jy nie alles weet nie, net soos die wetenskaplikes ook nie alles weet nie.

Kom nederig na Hom toe, Hy sal jou sondes van jou af was en jou wys hoe jy Hom beter kan dien. Jy kan miskien werk onder die armes, om hul lot te verlig, as dít Sy wil is.

Groete,

Gay ou man

  • 4

Kommentaar

  • En daar bars jy Kobus se borrel - hy was nog altyd vas oortuig daarvan dat hy alles weet.

     
    Thomas
     
  • CorneliusHenn

    ...nes ons is Gay ou man, nes ons is... ons is nie 'n massa produk wat van die kapitaliste in hul Christelike Nasionalisme se geldband afrol nie; die een 'n kopie van die ander nie... elkeen is uniek, ons Skepper het dan selfs die hare op elkeen se kop getel... nederig, in ons verganklikheid... broos en pragtig soos vlinders sonder enige monumente waarop ons in ons nalatenskap kap kan roem... Gay ou man, in die Gees is ons heel... ek deel met jou daarin sonder begeerte, strewe of drang om bo 'n ander uit te styg... in Jesus Christus onse HERE tel elke oomblik, te midde ons verganklikheid, vervuld... nes ons is... prys die HEER met blye galme...

  • Kobus de Klerk

    Wie is die HERE vir jou, as jy SY opgeskrewe Woord verwerp, ou man? Wat weet jy van nederigheid, as jy die arrogansie, verwaandheid en vermetelheid het om SY uiters kosbare geïnspireerde Woord te verwerp?

    Ek werk onder die armes - indien jy dit nie kan insien nie. Kan jy nie sien hoe verskriklik arm is die agnostici wat hier betrokke is, nie? Hulle beursies is dalk oorvol, maar hulle is verhonger, maer en bitterlik ondervoed en op die rand van die dood, vanweë hulle spirituele anoreksie en bulimie.

    As jy iets van die HERE, Wie se Naam jy so gebruik sonder om Hom te ken, geweet het, sou jy dit ook weet - dat ek en ander hier juis besig is met die armes, om hul lot te probeer verlig en dat dit SY Wil is dat ek en ander dit doen.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Hierdie reaksie van Kobus behoort gespyker te word teen die deure van elke kerk waar dit kan staan as getuie van die begin van die Groot Deformasie van die Christen-geloof. Dit is die uitspraak en opsomming van alles wat walglik is aan godsdiens!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top