Kô lat ôs praat

  • 0

"Ôs roepie mense van Suid-Afrika, swart en wit – lat ôs saam praat oo vryheid!
Ôs roepie boere vannie reserwe en trustlande
Lat ôs praat oorie wye lande, ennie strepieslande waaop ôs swoeg.
Lat ôs praat oorie broes sonner land, ennie kinners sonner opvoeding.
Lat ôs praat oorie belasting en oorie veë, en oorie hongesnood.
Lat ôs praat oo vryheid.

Ôs roepie wêkers vannie plase ennie bos
Lat ôs praat oorie kosbare kos wat ôs groei, ennie wette wat ôs arm hou.
Lat ôs praat oorie rowwe hantering en oorie kinners en vrouemense wat gefors wôt om te wêk.
Lat ôs praat oorie privaat tronke, ennie slanery, ennie oorie paswette.
Lat ôs praat oo vryheid.

Lat ôs saam praat
Amal van ôs saam – Afrikaan, Europeër, Indiër, en kleurling.
... Die wat bevoorreg is, en die wattie regte hettie. Die wat hêppy is, en die wat haweloos is. Allie mense van Suid-Afrika, van stede en klein dorpies innie platteland."

(Vetaling uitie boek 30 Years of the Freedom Charter, Chapter 15: 63, 1985)

Miskien is ek te jonk om te vestaan waaoor die hele gesprek gan. Miskien is die taal wat hulle in die boek praat, nie ’n taal wat ek vestaan nie. Miskien is die opvoeding wat ek het nie genoeg om te vestaan waaoor dit gannie. Ek kan onthou toe ek 20 jaar oud was, was die woorde “Freedom Charter” onbekend an my.

Ek het ’n paa maande trug begin skryf oo die hele ras storie, en wat biesag is om in die land te gebee, maa het soe gou soes ek begin het, gestop. Wan hoekô moet ek my tyd waste om te skryf wat amal oo skryf? En oek vi wat moet ek deel wies van ’n land, en sy mense, wat nou nettie omgie oo die neks pesoonie.

Dit gan mos maa soe: “Djy issie wittie, soe vi wat moet ek warrie?”, of “Djy issie swartie, vi wat moet ek warrie?”, of “Djy issie kallitie, vi wat moet ek warrie?” You catch my drift.

Ek wietie, maa miskien is daa ’n way hiedeur. Miskien is dit die Freedom Charter en die morele stênnerts waain dit gebaseer is. Die Freedom Charter vra vi ôs amal om te “PRAAT”! Nie skêl of baklei nie, maa praat.

Ek moet wonner: Het julle al daaran gedink dat miskien is daa iemand agte al die plaasmoorde? Behalwe nou virrie anvallers en hulle malligheid? Ek mean, is dit rêrig ’n leier wat die polisie sal anraai om "rubber bullets op wit velle te toets"? Soes ek deur die boek 30 Years of the Freedom Charter lees, vestaan ek dat daa somme baie was wat deel was vannie mechanics vannie struggle wattie wou hê Europeërs, of wit mense, moet deel wies vannie niewe lantie. En dit was trug innie 80's. Ek was minner as ’n kind, en wat het my ma hulle gewarrie oo die politiek van swart en wit? Maa iets is mossie reggie ... Wat het gebee mettie wit boere van Zimbabwe? Wat gebee oppie Kaapse Vlakte? Die dwelm- en drankmisbruik wat angespoor wôt deurie lack van polisieleierskap. Waa kom al die guns vandaan, die bulllets wat soe innie ronte in vlieg? Wil djy my sê dat die land met sy grote army en polisiemag kan nie die mense van die land beskermie?

Dis mos keuses wat gemaak wôt, en vi wie, moet julle vra, baat alles die? Ek wonner maa net? Of is dit "maa net" ’n storie van reeksmoordenare wat hulle fokus op plaasboere gedraai het. Wan die boere is innie middel van nêrens en soe voort.

Ek wietie, maa vi my voel dit soes daa meer is dan net dit. Mense soes Malema, en daai anner outjie, van Black First Land First – Andile Mngxitama – roep dan anmekaa virrie land om truggevat te wôt. Dan is daa oek die AWB wattie wil hê mense van veskillende rasse moet saam met mekaa en in vriede in die land liewe nie. Mense soes Robert Sobukwe wattie oraait was mettie ideë dat wit mense, of Europeërs, deel moes wies vannie toekoms van die lantie. Die ding is die, toe die wit man in mag gewies het, toe wou hy nie hê die swart man moet deel wies van die land se toekomsie. En nie veel het gechangie. Wanne ek oo Orania lies dan kan ekkie help om te wil wiet vi wat is plekke soes Orania nodig in Suid-Afrika nie. As ek lies oo hoe die Cape Party wil hê dat die Kaap haa moet ontrêk vannie res vannie land, en vi wat? En vi wie? Ek bedoel die Griquatown familie wat op ’n plaas vermoedelik vemoor was deur ’n anner AWB lid. Djy moet wonner: Wat proebee siekere mense doen om mag trug te wen, of land trug te steel, of om ôs tien mekaa op te stiek?

Die hele baklei issie vi ek of djy nie. Dit gannie oo hoe kan ôs die land bietere maak vi amal van ôssie. Wan daa is mos genoeg vi elke een vannie ampe 56 miljoen mense van Suid-Afrika.

Maa niee! Ek mien, kyk nou daai foto wat innie ronte in gegan het, oempie en tante wat stêk staan in hulle blou en oranje vlagkleure, vi wat? Wan hulle issie deel van die lantie? Wat soek hulle dan nog hier? Dis tyd dat ôs wee beginne praat oorie Freedom Charter en wat dit kan wies vi elke een van ôs.

Maa ees moet ôs amal eerlik wies met mekaa. Siekerlik dan sal dit baie helder wies dat ôs mekaa mos maa net tolerate en nie rêrig dat ôs eintlik wil hê ôs moet die land deel soes equalsie. Innie kamp vannie swart man issie bruin ennie wit man soes daai dronk oem by die Krismispartiy. Djy wie't, die een wat onodige soentjies uitdeel, ennie vroumense oppie vekeerde plek vasvat voo amal. Maa amal maak maa net ’n joke daavan, wan dis Krismis en ôs kan mos nou nie die vark uitsit op Krismisie. En soe is dit innie wit kamp oek, of innie swart kamp, of kallit kamp.

Maa Krismisdag raak klaa en wat gebee dan daana?

Ek het altyd gegloe dat dit issie net genoeg om iemand te vedra nie. Dissie genoegie, wan daai haat wat djy het in jou hart gan een of anner tyd deur jou geduld opgebrand wôt. En dan gebee wat altyd gebeer soes Krismisdag na die einde toe kom. Daa is eeder ’n geskellery of geslanery, wan die dronk oem het te vêr gegan.

Burgeroorlog. Dis mos nou wat neks kom, en djy moet jouself vra: Issitie moeite wêrd? Hoekô moet daa aliewag ’n wenner wies? Hoekô moet daa aliewag een wies wat moet bietere wies dannie res?

Kompetisie is vrugbare grond vi wrok en haat.

Laas wiek en Dinsdagaand, die 31ste Oktober, sirkuleer daa toe ’n voicenote op WhatsApp om mense te lat wiet hulle moet hulle regkry vir ’n optog op die twiede November. Die man wat praat oor ’n backtrack, stereotipies wat my lat dink het annie Struggle-liede, vetel hoe as djy nie deel gan wies vannie optog nie, dan sal djy jou dood kry. Ek het maa geluister na die death threats en het toe besluit maa miskien is dit tyd om Suid-Afrika te velaat. Miskien is dit tyd om maa vi hulle te gie wat hulle soek – die land, die geld, die wêk, en alles wat hulle wil hê. Wan dis net hulle s’n. Ek praat nou van mense soes Malema, AWB se mense, en die anners soes Andile Mngxitama wat net blatant rassisties is.

Maa die tye het somme lekke geveanner, maa som dinge het mos maa net êger geraak. En daa is oek ’n silver lining an die donker wolk met sy swart Maandae, en ou landsvlae, en ou landsliede, en swart leiers wat roep vi wit mense om doodgemaak te wôt, en net wat mense meedere uit mekaa uitdryf dan ienige iets anners.

Dis die feit dat ôs kan lag met mekaa. Dis die feit dat mense, swart, wit, bruin en allie anner geenkleuriges, met mekaar kan lag. Op die 26ste Oktober vra Louwrence van Niekerk, die administrator vannie Facebook page die Joburger, vi die mense wat sy page volg die volgende vraag: “Okay black people ... ask white people one question you always wanted to know.” En van die vraag af het baie mense, swart en wit, deel geraak van ’n gesprek wat meer gegan het oo ôs se menslikheid wat ôs as Suid-Afrikaners deel. Ja, ôs het somme nog ’n lang pad om met mekaa te loep, maa die storie se naam is die. Soelank ôs saam met mekaa loep dink ek sal ôs ok wies. Hoe mee ôs mekaa kan sien as mens, hoe gouer sal die idee uit mense se koppe uit vedwyn dat as ’n mens ’n anner velkleur het, of van ’n anner ras af is, dat daai mens(e) moet gesien wôt as honne. En wie wie't, miskien sal daa nie innie toekoms ’n nood is vi plekke soes Orania nie, of sal plaasmoorde en moord innie algemeen tien op gestaan wôt.

Praat wêk altyd! As djy vi Malema of Zuma volg en djy wiet die bra is vekeert, praat sam jou kaders. Die ding is dié: amal sienie die punt altytie. Hulle is soe veblind deurie haat en wrok wat hulle dra, dat hulle net plek soek om dit iewers of op iemand uit te haal. Die plaasboere moet sam hulle bure gan praat wat nog steeds voel dat dit okay is om die veliede trug te bring. Ek mien, waa kô djy daaraan dat dit tog okay is om die stem te sing soes baie van ôs gefors was om dit te sing 30 jaa trug. Geen wonner daa is sommer nog stêk weerstand tien die Afrikaanse taalie. En dit gannie oo dis my taal, en my vlag, en my reg om te wies wie ek issie. Wan wat sê djy nou actually vi mense wattie soes djy issie? Maakie saak hoe die mense wat nog wil vasklou an ’n veliede sonner ’n swart mens met regte nie, of mense wat hulle wil ophang annie ideë van ’n toekoms sonner ’n wit mens met regte nie, dit stellie. Dis allesie selle. Dis allesie selle, baie Natzi-rig! Maak nou nie saak wat djy sê nie, as djy nie geworried is oo die laaities wat doodgan oppie Kaapse Vlaktesie, of innie townshipsie, of as dit jou nie pla dat daa elke dag amper 50 Suid-Afrikaners op een manier of ’n anner gemoor wôttie, dan moet djy jouself check!

“...Ôs roepie boere vannie reserwe en trustlande ...
Ôs roepie wêkers vannie plase ennie Bos ...
Ôs roepie mense van Suid-Afrika, swart en wit – lat ôs saam praat oo vryheid!”

Op die oudedom van 16 was uh Goodhope fm dj by o’s skool. Hy het met uh mic innie ronte geloep om kinnes te vra wie hulle is en waa’vandaan hulle kom. O’s almal het oppie netbalbane se sementblad gesit. Hy’t voo my kô staan, en hy’t my gevra. “So who are you and where you from? Heelwat op sy nerves. Ek ’it hom boe oo my brille gekyk en stadig gesê: “Ek is Livy. Vannie Rive.”  

Bly te kenne!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top