Kiekies: ATKV-Rieldanskompetisie Finaal 2012

  • 1

Saterdagaand 1 Desember is die eindronde van die ATKV se jaarlikse rieldanskompetisie by die Taalmonument op Paarlberg gehou. Duisende het vanjaar by die amfiteater saamgetrek vir hierdie fees van dans.

Mary Kriel

Dis nie net David Kramer wat Saterdagaand gespog het met rooi velskoene nie.

Christa Opperman en Miescha Jooste van Calvinia

Jan Tafel, kitaarspeler van die Rapystone van Fraserburg

Pieter van der Westhuizen het die gehoor sommer vroegaand al aan die dans gehad.

Stoffel Rosekrans

Elias P Nel, organiseerder van die rieldanskompetisie, wys met die intrapslag hoe dit gedoen word.

Diaan Lawrenson was die gasvrou vir die aand.

Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV, het self die stof laat staan.

Martelize Brink het 'n toekenning van die ATKV ontvang vir haar rol in die bewusmaking van die kompetisie in die media.

Videogreep: Rieldans op sy beste! (deur Menán van Heerden)

Die senior finaliste het dit eerste uitgespook. Die groepe was:

Witzenberg – wenners vir die vierde agtereenvolgende jaar
Peperbus (Fraserburg)
Loeriesfontein Kliptrappers (Loeriesfontein)
Knersvlakte Griekwa Rieldansers (Vredendal)

David Kramer het die skare aan sy voete gehad met "Stoksielalleen op 'n Saterdagaand".

Hierna het die junior finaliste aan die beurt gekom. Die groepe was:

Betjies (Betjiesfontein) – wenners vir die tweede agtereenvolgende jaar
Rapystone (Fraserburg)
Rietfontein (Fraserburg)
Die Nuwe Graskoue Trappers (Wupperthal)
Calvinia Sitstappers (Calvinia)

Lucia Giesler vertel van die nuutgestigte trust, Vriende van die riel. Verseker die toekoms van die riel deur deel te word van Vriende van die riel – 'n trust sonder winsbejag.

Hulle verlang vriende met:
• ondervinding met bemagtiggingsprojekte,
• oop beursies,
• musiek en dans talent om die kunstenaars te help ontwikkel,
• akademici wat bv. Rielnotasie sal wil aanpak
• tyd op hande om betrokke te raak op 'n praktiese manier

Vind hulle op Facebook onder "Vriende van die riel", op Twitter @Rieldans, of skakel Lucia Giesler by 084 4460060.

Foto's © Naomi Bruwer

 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top