Khoekhoegowab, ti ǂnīsasib

  • 6

“Alhoewel Afrikaans tot met die Duitse besetting merendeels die taal was wat vir hoë funksies gebruik is, het dit tog nie heeltemal die ander tale in Namibië verplaas in lae funksies nie. Nama het steeds die moedertaal van baie mense gebly, en is selfs in skole en kerke gebruik. Ten spyte hiervan was Afrikaans die taal met prestige en het die meeste Nama uiteindelik tweetalig geword.”

Khoekhoegowab, ti ǂnīsasib

Nēsis gōse ta ge ǁaris khemi ra ǂâiho, matis ti ǁgûsa, mamasa ǀnî ǃās ǁga skolǃgûs xa ge re ǃhoa ǀgausa. “Nē ǀgôas ge kaise ra ǁnurisaǀgôa dīsen, tsî ǁnuriǀgôa kaikai-e ha. A ta ǃgû-ū si, īs si ǀgai’’, ǁnatis ge ge re mî. ǁNāb ge hora-us ǀgaub ǀgais nîba.

ǁKhatis ge mîs ge khemi disi kurirogu ǀkha Kalkrands ti a ǂânsa ǃāros ǁga ge ǃnari-ū te. Nau kō re, ǀhai tsaraxa ǃāro-i. ǃŪge-aisa, khoenxa ge doebē xu-e khemi î tsâsiroba ge re māte ǃāro-i. Hoara is ge, Namibiab di kaidaob xōǀkhās ǂnôasa, ǁnās ge hora-u xu-i hîas ge ūhâ-i e.

Mûnanai ta ra Sonntax karab ai ta koelkrans tawa mâ, hîas ge ti mamasa omaere âudairo-e ti ǃomgu ǃnâ ǁgâiǂgā tsî dawasen tsî ge ǃgû. Mûǀû si ta nî sis kōse ta ge ǁnā ǃkhais ai mâ tsî ti mamasa ge re kō. ǃOatsâsirob ge ge hāǂam te. ǁGamroxa mûǃnâ ta ge nētsēs gōse ra, ǁnā tsēs xa ta ra ǃhoa o.

Aiǃakam tsēs ais ge ǁkhati ti ǀûna ge ǂkhom kai te. Ti namaǀûn  tamas ka io, sāǀûnas tsauhâ tis ge ge mî. !Gorase ta nî ǂkhom-e !khaisas ge ǁkhati ge re ǂgao. Tita ǀguita ge ǁnāsa ge ǂnoa !oa. Matits nî  tareǀgôa-e hoaraga ǀûna ǂkhom ǁna kai, tsî xawe ǀkhara ǃā-i ǁga ra skolǂgâ !gû e?

ǂGuro Wekhegu ge kaise ge !gomba te i. ǁNā  ǀgôas, panksa ǂkhomsas, nāmagowab, Afrikaans ti ǂansab, tsîna !hoa ǁoas, kombuis-afrikaansa ra !hoas, ti ta ge nau ǀgôan xa ge re mîhe. Kai-am khoen ge ge re nāma, tamas ka io Afrikaansa !hoa. Afrikaansa !hoa i ge kaise ge ǂoaǂamsa i xu e. Khoen ge ge re tsâsen tsî ǁkhati gā-aits a tamas ka io gā-ai ǀgauba ge re mâǁna. Nētsēs kōse ǁkhati ī !khaisa. Khoekhoegowab ge kaise ǂgui khoen xa ǁgâudi ai ge !hoa-e ǂgao tama hâ i, ǂnûiǁnaheb ge re amaga.

Ae, tsî nē namaǀgôaro-i, ǁîs di pankros ǀkha, nē ‘’afrikaans’’ skoli !nâ? Nāma ǁoa tamas ka io, Afrikaansa ge !hoa ǁoa īsa. Tita ge kaise ge !gâi!gâ i khoeta. Hoa !nona Gowagu, Afrikaans, Engels (ǀawa!ao gowab) tsî Khoekhoegowab tsîgu hoaga ta ge ai!akam skoli tawas tsîna ge re ǁkhāǁkhā e. Xawe ta ge nama ǀgôa ta a amaga, khoekhoegowab ǀguiba oms ǁga ge re ǁaru-u. Afrikaans tsî Engels tsîna ta ge skoli !nâ ge re xū, huka ta nama ǁgâusa xu ra ǀkhī tsî namagowab ǀguiba oms ai ra !hoa amaga. !Ās, Daweb!gaos, Maltahöhe ti nāmagowab !nâ ǂansas, hîa ta ra ǀkhī xus ǀkhās ge huka a nama khoen di !ā. Sida di ǁgauǁgaus ge.

Xawe ta ge nēsisa nē !ās !na ha ra hōmasen, kombuis-afrikaansa ra !hoa ǀgôas di ǂânsa se. ǁNati gōsen ǀgôana ǂoeǂoe te, tsîta ge kaise !nupu ǁaerob !nâ ǁnā nāmagowa-e ge ǁkhāǁkhāsen, tamas ka io, a ta ǁnâi mî re, ge sîsen-u tsōatsōa. ǀNai ta ge ǂanbi-i amaga.

Ti mamasa ta nētsēs kōse ra gangans ge, ese nē ǀgôas, khomai īs khomai tsî khomai, tis ge ge mîba te. ǁÎs nî huka hui te ǀgau-i ge ǀkhai i amaga. ǁNā ǀgaus-ai ta ge ǂkhanina ge ti ǀhōsa dī tsî ǁîn ǀkha ǂângusa ge kuru. Huisgenootgu tsî Sariegu tsîna se ge koshuis ǃnâ ge re !khōgu, xawe ta ge ǀnî ǁaena !kham e ta ǂgao tama ha amaga ge re ǁnāxū, huka ‘’prenti’’ ǁnā ǂkhaniga xu ge re !gaoǂuihes ao. ǀNî !nāna di ge kaise ge re ǁaixa kai te, kōre ǂûǂûxa xuna di ge re !gaoǂui amaga. Khomai e tsîts ǂansa hō xū ǁkha xuna.

ǁAubexa ǃnupu ǁaerob ǃnâ ta nēs !nâ-u nau ǀgôana, nāmagowaba khomais ǀkha karab ai skoli !nâ si ge re hui, ǁkhati ǂguin hîa ǁîn ǂhununa ge re ǁgonǁgon te na. Nēs ǃnâs tsîna ta ge ti ǁgûsi gowaba ǂguro ge re mâi, tsî ǁîb !nâ kaise ge ǂgom hâ i, ǀnam bi ta a amaga. ǁKhati ta ge nē skoli ais tsîna, Afrikaans, Engels tsî Khoekhoegowab tsîna ge ūhâ ī. Kaise ta ge ge !gâi!gâ ī.

Ti ǁgûsi gowaba ta ge 7ǁî ǃGubis kōse ge ū hâ ī, kai skoli ǁga ta nî !gûs gōse. ǀGapiskoli ǂgâ !gû ǀî ta geb ge ǁkhati ǀnîha nāma!āros, !goran dīs, Duineveld di ǂansas hîa ǁîs ai Khoekhoegowa-e ge ǁkhāǁkhāhe tama ha īs ai ge hâ i. Nē skoli khao!gâ ta ge skolga !nona !nādi gōse ge !khuni, tamas ka io ge ǀkharaǀkhara. Hoa ǀgapi skolgu tawa ta ge Khoekhoegowaba ge hō ǁoa ī. Nēs ǃnâs tsîna ta ge ti ǁgûsi gowaba ǂguro ge re mâi tsî ǁîb !nâ kaise ge ǂgom hâ i, ǀnam bi ta a amaga. ‘’Etse nē ǀgôas ge kaise namagowab xa a !gâiba-e.’’ ‘’Kaise namagowab !nâ ǂgom hâ ǀgôas ge nēsa.’’ ǁNāti ta ge ti skol horesan xa ge re mîhe. O xawe ǁnâi matîs? Ti gowab komo, ti ta ge tita ti !nâ ge re ǂâi.

Ai!â ge ǂoa kuri ta ge kurib die ǀûnis ǁga gau ǁaeb !nâ, Facebooks ai khoekhoegowab !nâ hâ !hoa!ârodi ǀkha ge tsoatsoa. Nē !hoa!ârode ta ge khoena ôaôa tsî ǀgaiǀgai !nâs !aroma ge tsoatsoa u. Tsēkorobe xun hîa ta khoeta axase ra !oa ūhen xa ta ge nēba ra ǁgae. Nē ǀgaub ai ta ge Denver Bredab ti ǂansa ǂkhamkhoeb ǀkha ǂangusa ǂoago kuri ge kuru.

Denveri ge kaise kai xu-e hoa Suid-Afrikanerin ǀkha ge dī. ǁÎb di gowab!khamdi ge sida di khoena turaba ge mā. !Hūǂhubib khemib ge khoekhoegowab di !hanasa, tsî ǁkhāǁkhāsen ǂgaoba Facebooks ai ge mâ. Khoekhoegowab di ǂkhani dî!gâ di ge ge tsoatsoa. Huka ta ǀnaisa ǁnâi a ǂan, sida !haosi khoen, nama khoen ǀkhas ǁîn di gowaban ta !hoa xawe xoa tsî khomai ǁoa !khaisa.

Sida di khoena du ge mûdi ana ge hā ǁkhopa-amba, tsî ge hā ǁkhāǁkhā, mati kōsets sats di ǁgûsigowaba a ǂhâǂhâsa !khaisa. Tsîn ti ǁkhati ǁîb ai ǂnīsa se ī i !khaisa. ǁÎda hîa ǁnā aiǂhanuba tsoatsoa sa xu kurina ūhâ da, xoa, khomai tsî !hoa ǁkhasa. ǀNîha gowagan ǁîn di gowab ǃgâ-ai ukhai!nâ tide sa, tsîn ǁnās ǀkha ǁîn di ǂhûnuma gowaba !gôaǁnâ tsî soara tide sa.


 

 

Khoekhoegowab, my trots 

Ek onthou dit nog soos gister. Ek was 10 jare oud toe my ma sê ek moet na ’n ander dorp in die Hostel. Ek’s te sag en sensitief, te Ouma-kind. Sy wil dat ek tougher moet wees en dis die enigste manier hoe sy my kan red.

Die plek, of die dorpie wat sy uitgekies het, was Kalkrand. Dis op die hoofpad van Namibië, maar dis alles wat dit is. Die dorpie is baie vaal, so verleë en vol stof. En ja, vol muskiete. Erg. Ek onthou en raak elke keer emosioneel as ek daaroor praat, hoe ek op ’n warm Sondagnamiddag by die koelraan staan en my ma ’n omaere (dis ’n dikmelk) in my hand druk en wegstap. Ek’t daar stokstyf in die warm son, sonder ’n hoed my ma staan en kyk tot ek haar nie meer kon sien nie.

My ma het my die vorige dag die hare laat skeer, en ek wou nie ’n bleskop as ’n meisie hê nie, so het sy toe besluit vir ’n pank. Sy't gesê dat sy opgesukkel met my Boesmanhare was wat sy al die jare vleg, maar wat nie wil groei nie. ’n Pank vir ’n meisie wat op ’n nuwe skool gaan. So julle kan maar julle indink hoe moeilik dit vir my was. En dan kom die ergste. Ek kon nie Afrikaans nie! En dit was ’n Afrikaanse skool, of die dorp self. Meeste mense het net Afrikaans gepraat. En dis nie te sê dat ek nie Afrikaans kon nie, ek het die taal net nie gebruik nie. Ek was baie gelukkig en het drie tale op skool gehad, Afrikaans, Engels en Khoekhoegowab. Dis net dat ek Afrikaans en Engels altyd in die skool tot die volgende dag gelos het. Ek’t met Nama, Khoekhoegowab huis toe gegaan, omdat ek Nama was. Omdat dit my taal was. Ek kom van ’n Nama-dorpie, Maltahöhe. Ons het almal Nama gepraat. Ek was baie vinnig bekend as die pankmeisie met kombuis-Afrikaans. Die druk wat ek deur die ander leerlinge gekry het, het daartoe gelei dat ek blitsvinnig die taal kon beheer. Die enigste wat my ma ook net kon sê het was, my kind, lees, lees, en lees. Dis die enigste wat ek haar daai tyd voor dankbaar was. Ek het die boeke toe my beste vriende gemaak, en tydskrifte, veral die Huisgenoot, maar dit was altyd ’n geveg met die tydskrif. Die meisies wou prenteboeke maak, en hulle het deur sommige interessante artikels geknip. Nog voor ek my oë kon uitvee, het ek ander leerlinge, selfs dies wat my kombuis-Afrikaans genoem het, Afrikaans in die namiddae help lees. Maar Nama was nog altyd die taal wat ek as ’n vak geniet het.

Ek het my Nama tot graad 7 toe ek hoërskool toe moet gaan, gehad. Ek’t ook vir hoërskool na ’n ander “Afrikaans” dorpie, Duineveld, gegaan. Ek het skole na Kalrand drie keer gechange, en het Nama nie op alle skole gehad nie, maar Nama was nog altyd my taal. Nie een keer het ek by die huis nie probeer Nama praat nie, want dis nie wie ek was nie. Ek het my nie probeer intelligent of beter as die ander by die huis oor Afrikaans te praat hou nie. Want om Afrikaans of net Engels te praat, was jy intelligent, smart en beter as al die ander. Maar vir my was ek Nama. Niks anders. En ek’t in my gevoel dat my Nama-wees net so belangrik is. Dit was my identiteit. My taal.

So na aan die einde van 2016 het ek video clips in Nama op FB begin maak om anders, of my volk te motiveer, inspireer. En laas jaar, 2017, het ek Denver Toroxa op FB raakgeloop. Dis waar ek die hitte van Khoekhoegowab op Facebook opgespoor en duidelik gevoel het. Almal wou skielik Nama, Khoekhoegowab leer. Dit was net daar! Op al die social networks. Ek't inboxes begin kry oor hoe die mense interesse het om die taal te leer skryf en lees; waar hulle kan gaan; waar hulle ’n dictionary kan koop, ens. En ek dui ook in my video clips aan dat ek ’n Nama dictionary het, omdat ’n mens so lui geword het om Afrikaanse of Engelse woorde te gebruik, in staat van Khoekhoe- of Nama-woorde. Ons doen nooit die moeite om uit te vind wat dit in onse moedertaal is nie. En so moes ek die mense raad gee, veral jongmense. Ek is so bly om te sien hoeveel van onse eie mense, die Namas nou, belangstel om die taal te wil leer lees en skryf. Ek het nog altyd geweet dat 80% of miskien ook meer van onse mense die taal net kan praat, en nie kan lees of skryf nie. Hoe ligter van kleur jy is, hoe meer coloured wil jy wees. Almal se voorouers kom uit die Kaap. En hoe gladder jou hare is, hoe Nama kan jy nie wees nie, of wil jy nie wees nie.

Ja, ons het maar ook ’n identiteitskrisis in Namibië. So min soos die Nama-mense is, wil meeste ook nie met die taal te doen hê nie. Soms kom jy by bekendes om te kuier en jy hoor net: “Nee! Moenie ‘daai taal’ met my kind of kinders kom praat nie! Hulle verstaan nie ‘daai taal’ nie. En by hierdie huis praat ons net Afrikaans of Engels.” Ja, ’n mens kry so skaam, of moet ek sê jammer, vir sommige mense, maar elkeen het mos maar sy verantwoordelikheid teenoor sy kinders en hul huisdom.

So, Denver, you did a great job! Selfs ons Namibianers wat die geleentheid vir jare gehad het, gebruik dit eens nie om ons taal te gebruik en daarop trots te wees nie. Maar nou kom jy en die Suid-Afrikaners om ons te kom help sien hoe belangrik ’n taal en waarvan jy kom is. Ek sê nie dat die taal nie present in Namibië tussen die Namas is nie. Die taal word net geminag. Ander tale is glo beter of belangriker as ons eie. Die apartheid mag ons van baie beroof het, maar dis nog altyd onse keuse wat ons daaruit wil leer en daaruit wil maak. Een ding is ek wel seker van: alles begin by die huis, en met ons. Ons moet na onsself kyk en onsself uitsort voor ons iemand die blame kan gee, of van iemand iets claim/eis. Vir my persoonlik is my identiteit belangriker as land wat van my voorouers weggevat is. Want as ek nie weet waarvandaan ek kom nie, wie ek is nie, het ek nie ’n fondasie waarop ek my lewe kan bou nie.


 

Lees ook:

  • 6

Kommentaar

  • Helize van Vuuren
    Helize van Vuuren

    Pragtig - die hele reeks hier gelys ... bly ná-klink ... die verskriklike woord, "ont-taling" en daarby die "pêrel van groot waarde", "moedertaal" ...

  • Wonder maar net? As die Nama-taal nooit self deur Namas op skrif gestel was nie, hoekom nou? Nogal met 'n euro-sentriese (en fonetiese) alfabet ...

  • Gogo de Bruin

    O, dis 'n hartsversterkende storie . En om dit so geskryf te sien! Ek gaan dit beslis vir al my familie en vriende aanstuur.

  • As elkeen van ons in hierdie land sorg dat sy taal en kultuur nie vertrap word nie, vergeet dan maar van al die goudrykdom, want ons sal die rykste land in die hele wêreld wees. Elf tale en nog soveel wat nie erken word nie, maak ons uniek. In plaas van om mekaar af te kraak moet ons leer van mekaar en trots wees op ons heritage. Jammer dat ek dit net in Afrikaans kan skryf. Ek wens ons was mekaar se tale magtig.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top