Kennis gaan vinnig verlore

  • 1

Die Boere het gedurende ABO hul perde se hoewe beskerm deur dik blou leersool-skoene op te sit. Dit het ook gehelp om die geluid van hoewe te demp, wat hul kon laat verdwyn nag, sonder dat Kakies hul gehoor het.

Ek het Google vrot gesoek, maar kon nie foto kry van die blou leer, wat in my jeug, volop was. 
Al wat ek kon kry is plastiekvoorbeeld van so skoen, hoe die ou harde leersole hul perde se sagte binnekant teen klippe, stokke, warm sand en selfs sneeu beskerm het. Hul het dit aanvanklik voor ABO, tussen perd se hoef en hoefyster gesit. Verder het die Boerperd se hakskeen nie so laag gesak as ingevoerde perde van Britte nie. Verder is die buitehoef van Boerperd nog steeds harder, is die Boerperd BAIE rustig van geaardheid en opgelei, nie bang vir geraas nie. Die Berede-eenheid gebruik hul nog vir stedelike patrollering ...

Die Boerperd is baie lojaal teenoor sy eienaar en selfs beskermend. Gelukkig was hul nie totaal uitgeroei en uitgebaster tydens ABO nie. Die Boerperd is kompakte sterk perd. 

 

  • 1

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Die kennis van huishoudings in ou Boere van ZAR is reeds verlore.
    Behalwe dat dit goedkoper is om te koop, as om self te bak en brou, maak dat inheemse geskiedenis verlore is.
    Tradisionele vaardighede se kennis is reeds verlore. Bv smidsmede-kennis is nou spesialisveld.
    Hoeveel vroue weier om bv hul man se hempsknope aan te werk?
    Ek sit nou die dag in die spreekkamer van 'n dokter na 'n 3-jarige dogtertjie en kyk, wat heel behendig op slimfoon is, maar terselfdetyd het sy nie handvaardighede om bv spyker in hout te kap nie?
    Daar is leerplanne in Britse skole gewees om bv handvaardighede vir inligtingstegnologie-kinders aan te leer. Maw fisiese koördinasie en paaie vanaf brein na spiere is verlore.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top