Katalane en hul strewe na onafhanklikheid

  • 16

Baie min in SA verstaan waarom. Om hierdie strewe van verset te verstaan, moet die geskiedenis van onderdrukking verstaan word. Die gebied was veral gewelddadig onderdruk deur die Spaanse Katolieke inkwisisie, wat eers in 1834 van wetboek geskrap was. Mense was tot toe, met die dood getref, vir VRYHEID van keuse. 

Daarna was daar verskeie diktatorskap-regeerders, met Primo de Rivera tot 1930!

Die sg Franse Hugenote was vlugtelinge van hierdie Spaanse inkwisisie, bv Hugo.

Franco was verban na Kanariese eilande. Om die verbrokkeling van Spanje te keer, het die Nazis Franco teruggebring om fascisme tussen 1933 en 1936 te vestig, waarna Franco as diktator geregeer het tot met sy dood in 1975! Hierdie was eerste van Hitler se gewelddadige geo-politieke regime-veranderinge.

Koning Phillippe is nog steeds uit Roomse ryk se koningshuise en 'n simbool van gewelddadige onderdrukking van Katalane. Daarom dat hy nie veel impak by Katalane het nie. 

  • 16

Kommentaar

  • Jy onderskat ons Suid-Afrikaners heeltemal. Ons is goed bekend met die Spaanse geskiedenis.
    Ek sal net graag wil weet hoe iemand met die dood getref word, en dit nogal vir vryheid van keuse. Vryheid van keuse?

  • Hans, interressante skrywe. Ek neem waar dat daar in ander Europese lande lankal sulke gebrom onder die snorre en baarde is. Die Belge is reeds lankal met sulke onderstrominge opgeskeep. Die Duitsers tussen die Oos- en Wes-Duitsers. Wat vir my nogal "opvallend" is is dat dit onder dieselfde rasse-groeperings is. As nasies/volke van dieselfde etniese groepe nie saam kan leef nie, wat is die kanse dat verskillende bevolkingsgroepe in harmonie sal/kan saamleef.

    • hans Richardt

      Reusedwerg, interresant genoeg, die nuwe neiging is nou in die voorheen Wes-Europa, waar vele streke na groter outonomie strewe.
      In Oos-Europa bestaan die Russiese Federasie uit vele outonome streke, stede en lande. President Putin is die President van die Russiese Federasie. Mnr Medvedev die Eersteminister van Rusland. Kazakhstan is die Moslemstaat binne die Russiese Federasie. RSG hou die Russiese Federasie voor as 'n enkele land, maar dis basies dieselfde konsep as die EU.
      Wanpersepsies is GROOT in SA media.

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, geforseerde etniese amalgamasie tot in "reënboognasie", is net die teenoorgestelde van geforseerde Milner-apartheid. Afsonderlike ontwikkeling is wat in Europa gebeur.
    Die voos idees het manier om te oorleef in agtergeblewe SA.

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, Art 235 van Grondwet 108/1996 maak egter voorsiening vir etniese groepe om na outonomie te strewe in SA. Hou maar die vinnige ontwikkeling dop van bv Orania.

    • Die artikel 235 is maar 'n troosprys en verskyn onder "Ander sake" en lees in Engels soos volg:
      Self-determination
      235.
      The right of the South African people as a whole to self-determination, as manifested in this Constitution, does not preclude, within the framework of this right, recognition of the notion of the right of self-determination of any community sharing a common cultural and language heritage, within a territorial entity in the Republic or in any other way, determined by national legislation. "
      Wat is die kanse dat 'n ANC-regering so iets gaan toelaat? Baie klein, mi want die ganse wat van die goue eiers lê, gaan nie sommer toegelaat word om op hul eie te wei nie tot voordeel van 'n minderheid nie.
      Sou dit wel gebeur en die die land verval verder gaan so 'n selfstandige entiteit net soos Gauteng-mense lok en sal spoedig deur plakkerskampe omring wees.

      • hans Richardt

        Al gehoor van Wet op tradisionele leiers, wat ook tradisionele gebiede beskryf? Art 235 van Grondwet het hierdie wet moontlik gemaak.
        Wat gaan ANC sê? Wie gee om! Wat gaan DA sê? Wie gee om?

        • Dit sal werk as ons Trump kan kry om 'n gefortifiseerde muur om dit te bou,anders bly dit maar 'n pypdroom.
          Intussen maak jou gereed om verder dmv hoër belastings verder gemelk te word.

  • hans Richardt

    Spanje bestaan uit 17 outonome gebiede en twee outonome stede, wat deel vorme van konstellasie van state. Maw, Spanje is 'n federasie van state, nie 'n republiek nie.

  • hans Richardt

    FC BOOT, het 'n stewel in sy pypdroom nodig.
    Tyd dat jy jou land leer ken en ook die wetgewing.

    • Beste Hans
      Ek dink jy moet leer om ook tussen die lyne te lees. Jy is ontsettend naïef as jy dink dat enige swart regering 'n blanke onafhanklike staat op sy grondgebied gaan toelaat.
      Ek pos vir jou 'n stukkie kommentaar wat die agbare burgemeester van Ekurhuleni by 'n herdenkingsdiens van Chris Hani ,gehou in Boksburg, te sê gehad het.
      Die minister van finansies het ook 'n bydrae daar gelewer.
      Boksburg - Ekurhuleni Mayor Mzwandile Masina on Monday warned white people and the civil organisation Save SA that things might get "very very rough".
      Last Friday marches against President Jacob Zuma's recent Cabinet reshuffle, including one organised by Save SA in Pretoria, were held throughout the country.
      "So please, we just want to request [Save SA] nicely: don't divide our nation because if you continue to do so those that sided with you in 1994, they won't be here in five years," Masina said.
      "It might be very rough and we are many, this is not a threat, we are many [and] it might be very very rough."
      "It is very important that we send a very very strong warning that... we will crush any individual who stands [in the way of] the project of nation building and social cohesion in South Africa."
      Masina was the opening speaker at the Chris Hani memorial lecture at the Boksburg Civic Centre on Monday evening. Newly appointed Finance Minister Malusi Gigaba delivered the lecture.
      Masina said the ANC would force white people to understand that they need to live in harmony with other South Africans.
      'We are not monkeys, we are people'
      "Now this thing of being shown the middle finger everywhere by white people because they've gained a new confidence must come to an end," he said to applause from the audience.
      "I want to say to our white counterparts in South Africa, they must be very very careful.
      "[They need to] understand that the issue of nation building and social cohesion requires all of us, not these insults that you get from social media and you get called everything else...that time has come to an end."
      Die tyd dat die Afrikaners en ander blankes die kitaar geslaan het in Suid-Afrika is verby, want die ANC besluit wat word " determined by national legislation". Dus as sou 'n voorgenome onafhanklike staat nie geag word in landsbelang, kan jy dit maar op jou maag skryf en met jou hemp afvee, dws as jy wakker is.
      Lekker dag

  • Hans Richardt

    FC BOOT, ek voel niks vir jou ellelange kommentare nie. Dit verander niks in my denke of lewe nie.

  • Hans Richardt

    Koos Holtzhausen, ja die stryd gaan aan, maar die strewe bly. Daar is 17 outonome streke en 2 outonome stede in Spanje. Maw Spanje is nie republiek nie, maar Federasie van State.
    Politieke korrekte Suid-Afrikaners verstaan nie die strewe binne Art235 van Grondwet nie, wat outonomie moontlik maak vir 'n etniese groep in 'n gebied en dat dit niks met apartheid te make het nie. Bv Orania is nie oop vir alle wittes nie, maar vir die wie die voorwaardes onderskryf. Maw nie alle wit Afrikaanssprekendes gaan aanvaar word in Orania nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top