Karel Schoeman (1939–2017)
Oor afskeid en vertrek,
stilte en eensaamheid,
die dood, ’n onbestemde land,
het jy in vele romans verken.
Jou laaste brief, strak versend
aan jou prokureur, oor selfbeskikking.
As verkenner van verlating
in al sy vorme, lees ek vannag
jou laaste brief, ’n ontslag
uit hierdie lewe. Dit is dan my
afskeidsgroet aan jou, ’n heliograaf,
flitsend na jou op ’n eiland,
op reis na ’n ruimte van genade.
Kommentaar
Briljant
Raak gevat-genade in genadedood.
Dit laat mens stil word
Dankie.
Uitmuntende huldeblyk, bondig en waardig aan die mens en die geleentheid ...
Diep ontroerend.
Wow. Dis gepas; dis onomkeerbaar; dis finaal.
Ontroerend
Hartroerend
Stil gelewe, stil vertrek.
... 'n Onbestemde land, waar gees sielerus in sy woning bly ...
Heilige woorde.
As jy gebore word is die dood jou bestemde? Nie waar? Die dood 'n onbekende land... Vir elk van ons. Genade ... dood ... vir elkeen van ons 'n opsie, of so behoort dit te wees.
As jy gebore word is lewe jou enigste bestemming.
Waar is daardie ruimte van genade? Daar is wel 'n Weg na genade, maar as daardie Weg verwerp word, wat dan?
Thomas,moenie oordeel nie - sodat jy nie geoordeel sal word nie. Liefde, veral God s'n, is groter as ons begrip. So ook sy genade vir arme sterflinge.
Thomas,daardie ruimte van genade is juis ook ons as mens,wat ons naaste soos onsself moet liefhê, se ruimte van genade vir sy medemens. God verstaan ons pyn, ons moet mekaar s'n respekteer. Liefde sonder genade is genadeloos - sonder erbarming.