Kan hordes verdeelde impotente opposisie partytjies in SA verenig in 2019?

  • 9

Kan daar nou 'n demokratiese era politieke party ontstaan in SA? 

Ons kan nie politiek op verdraaide geskiedenis bly bedryf nie. Hordes partytjies beteken niks vir hul kiesers nie, dis net so goed soos 'n wegblystem. Verder, behalwe vir blatante regeringsonteiening, watse regstel-aksie bly oor? 

Ons kan tog nie kollektief elke gegriefde se individuele grief regstel nie? In stede van progressie, leef ons in Praatsaam-regressie. Wanneer begin ons dan leef in Werksaam-vooruitgang? 

Ry net deur Noordwes en Vrystaatse platteland om die erge agteruitgang en stagnasie opsigtelik te sien. 

 

  • 9

Kommentaar

  • Dit is hoekom 'n demokratiese stelsel die enigste werkbare oplossing is; regering vir die volk deur die volk - demos+kratos. Met ander woorde, Zoeloes in Zoeloeland, Venda's in Vendaland, Swazi's in Swaziland ens.
    Jy kan nie 20 volkere in een kunsmatig-begrensde gebied saamgooi en vir hulle vertel "julle is nou 'n demokrasie" nie. Getalle-oorwig sal bepaal wie die septer swaai - in plaas van bekwaamheid, vermoë en prestasie bepaal lidmaatskap van wie ook al die die meeste is die regering. Die gevolg is stagnasie en agteruitgang soos jy kan sien.

  • Teresa de Bruyn

    Ons is almal slawe, al het ons nie 'n fisiese ketting aan ons arm, been of nek nie. Daardie ketting kan ons self duidelik voel, afkomend van al die mensgemaakte stelsels wat wil voorgee dat 'hulle' ons identiteit en realiteit as mens kan verteenwoordig. Dit maak nie saak wat jou velkleur, status, posisie, of jy manlik of vroulik, of jy 'n kind of 'n volwassene is nie, jy word, sonder voorbehoud, gekoppel aan mensgemaakte sisteme. Hierdie sisteme beïnvloed ons hele bestaan en al ons ondervindinge en dit is vandaar waar al die gevoelens van frustrasie, beoordeling, onregverdigheid, verswelging, doelloosheid, en onwaardigheid stem. Hierdie mensgemaakte sisteme is op sosiale, politieke, religieuse, filosofiese, industriële, regering, individuele en alle ander vlakke van ons samelewing. Hierdie mensgemaakte stelsels maak ons lewens ingewikkeld en gekompliseerd sodat ons nie kan agterkom wat besig is om met ons te gebeur nie. Dit veroorsaak dat mense van verskillende velkleure en verskillende nasies vanuit hierdie 'geskepte' gemoedstoestande met mekaar veroordeel, haat en oorlog maak, terwyl die eintlike probleem nie aangespreek word nie. Vorm en funksie of sisteme en intensie is een energie of een lewenskrag - jy kan nie ongebalanseerde of ongedissiplineerde stelsels toepas op 'n waardige integriteit of moraliteit of funksie nie - dit sal slegs voortbring verwarring, onsekerheid, vrees, vervreemding jeens mekaar, misverstande, die afwesigheid van verantwoordelikheid, eenheid, balans en harmonie. Die mens self sal baie eerlik en opreg die stelsels wat hy oor homself toelaat moet inspekteer en die verantwoordelikheid in eie hande neem om stelsels in plek te plaas wat die mens as 'n spesie verteenwoordig - stelsels wat die nodige respek en waardigheid toon aan die bestaansreg van die mensdom in sy geheel. Ons moet ophou om te aanvaar dat die mensdom as 'n slaaf vir vergrypers, selfsugtiges en verdrukkers gebruik kan word tot hulle eie nadeel en leiding. Ons as mensdom moet wakker word en die realiteit in die gesig staar, ons het self 'n verantwoordelikheid om ons eie identiteit as mensdom te erken en uit te wys as ons reg geskape realiteit. Ons sal moet leer en aanvaar dat ons saam sal moet staan, ons verskille moet oorkom deur te fokus op die omstandighede wat ons almal in gemeen ervaar en aanmekaar bind as 'n eenheid. Om op te hou om ons aandag te fokus op velkleur en nasieverskil of religieuse verskil, want dit alles werk vir die voordeel van ons verdrukkers. Hulle sorg dat ons fokus op ons verskille en nie op alles waaroor ons ooreenstem nie, want dan kan hulle ons manipuleer en aanwend net soos hulle goed dink, tot hulle eie voordeel. Die nuwe stelsels wat ons daar stel moet van die geaardheid wees om die bestaan van elke mens te eer, asook elke mens se verhouding met ander, asook elke mens se verhouding met sy Skepper. Mensgemaakte stelsels het ons nie geskape nie en daarom mag dit ons nie tot 'n slaaf verlaag nie. Ons is geskep deur die energie van die Heelal en daarom moet ons die sisteme van die Heelal as ons identiteit stel. Ons is bewus daarvan dat ons logiese redenerende breine besit en daarom die vermoë het om keuses te kan uitoefen en verantwoordelikheid daarvan te kan aanvaar (vrye wil). Ons weet ook dat alle energie, die waarde van frekwensie van vibrasie gebruik en dat hierdie krag aan ons gedagtes en aktiwiteite gekoppel word om dit lewe te gee of om ons funksies as deel van ons ervarings moontlik te maak. Ek is daarom van mening dat hierdie nuwe stelsel wat ons kan voorstaan, as mensdom, 'n onbevoordeelde stelsel moet reflekteer. So 'n stelsel mag op die oog af abstrak vertoon, maar ek dink alle mensgemaakte stelsels is ook maar 'n abstrakte samestelling met die doel en intensie om mag en rykdom te bekom. Die stelsels wat ek voorstel moet geskoei wees op die energie van die Heelal wat die lewegewende vermoë inherent bevat. So 'n stelsel sal die faktore bevat wat interaksie van gedefinieerde kragte uitoefen, en as die werklikheid van ons ervaringe en ondervindinge ons realiteit reflekteer. Die stelsel moet gesien word as 'n spirituele stelsel wat uit drie dele of bene bestaan maar as eenheid werksaam is weens die interaktiewe verhouding tussen die stelsels self. Die struktuur van so 'n stelsel kan soos volg saamgestel word: mentaliteit-polariteit-vibrasie-lewegewende energie (gender)-oorsaak en effek. Hierdie stelsel moet gekoppel word aan 'n volgende stelsel wat lees: mentaliteit-korresponderende intensies-vibrasie-lewegewende energie-balans. Die laaste been van hierdie stelsel moet lees: mentaliteit-vibrasie-frekwensie en ritme-lewegewende energie-harmonie. Hierdie stelsels kan beskryf word as verteenwoordigend van self - hoër self - bron of oorsprong. Hierdie kragte moet as een stelsel gesien word wat die mensdom se moeite, opoffering en verantwoordelikhede as hulle eie realiteit en identiteit identifiseer. Hierdie stelsel moet toegepas en erken word in die mensdom se daaglikse bestaan. Dit moet as die hoofstelsel dien, waaruit alle ander stelsels kan vloei, maar alle ander stelsels moet verwys na hierdie hoofstelsel wat respek en waarde vir elke mens verseker. Hierdie stelsels sal dien as die basis of grondslag van ons bewustheid en nuwe bewuswording. Om wetende kennis te kan dra van ons eie kragsbesef, is waaraan 'n stelsel moet voldoen of wat 'n stelsel moet kan oordra en in stand hou vir die gebruiker of toepasser.

  • Beste Hans,
    Kan jy asseblief met bogenoemde skrywe van jou die kloutjie darem by die oor kry in eenvoudige Afrikaans? Wat het verdraaide geskiedenis met hordes partytjies te make? Is die spul so dik gesuip dat hulle dan die volgende dag liewer wegbly van die stembus? En hoe pas gereringsonteiening nou by die gefuifery in?En wat sal dit nou help as ek petrol mors om na stagnasie te gaan kyk?
    Groete,
    Angus

  • Hans Richardt

    Werklik Angus, verwag jy nou resep-antwoord op my eie vraag? Dis mos die demokratiese bestuurstyl wat verwag jy moet antwoord en oplossing gee vir jou eie probleem, juis omdat mense in mag nie ander kan bemagtig nie weens 'n gebrek van onbekende aard.

  • Hans Richardt

    Angus, die jonges van 1994 het 'n visie gehad. 23 jaar later, het die sg vrygeborenes 'n ander visie in 'n totaal ander geo-politieke wêreld, as wat omstreeks 1994 bestaan het.
    Dink jy werklik dat partye se leiers nog hul retro-visies uit 1994 kan afdruk in nuwe geslag se kele as geldig?
    Of is SA politiek so stagnant soos in Kuba nou?

  • Beste Hans,
    Ek het nie om resep-antwoorde gevra nie. Ek het om duidelike Afrikaans gevra, waar die een sin logies by die ander inskakel, sodat ek ook kan verstaan wat jy besig is om te sê.
    Groete,
    Angus

  • Hans Richardt

    Angus, wat is die politieke beleid in SA? Sal jy dit as demokratiese nasionale sosialisme of konserwatiewe nasionale sosialisme beskryf? Die hordes opposisie-partytjies baklei met ANC oor hoe die ANC hul eie beleid toepas. Hoe sal jy Angus, in goeie taal waar sinne inmekaar vloei, beskryf wat elke politieke groepering se party politieke beleid is?
    My redenasie is dit: as die regerende party 'n vorm van nasionale sosialisme het, moet die opposisie nie juis 'n opponerende politieke doktrine volg nie?

  • Hans Richardt

    Angus, demokrasie was nog nooit 'n politieke ideologie op eie houtjie nie. Die feit dat SA 'n Grondwet het, wat meer as vlag en Die Stem beskryf, beteken nie SA het 'n sinvolle enkele politieke ideologie en 'n sinvolle opposisie politieke ideologie nie.

  • Hans Richardt

    Die Feit bly dat die meerderheid nog steeds deur 'n minderheid regeer word in SA. Waarop baseer ek my stelling? Die statistiek van geregistreerde kiesers en die uitslag van die laaste verkiesing. Die ANC het dalk meerderheid van die minderheid wie gestem het, se stemme, maar daar het nie bv 20 miljoen geregistreerde kiesers vir die ANC uit 26 miljoen geregistreerde kiesers gestem nie. Net 11 miljoen geregistreerde kiesers het vir die ANC gestem. Maw daar is 15 miljoen geregistreerde kiesers, waarvan slegs 'n klein persentasie vir verdelende opposisie gestem het, juis omdat die sg opposisie nie eie beleid het nie, maar konstant met hofsake en protesoptrede die ANC probeer dwing om ANC beleid toe te pas.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top