kakkerlakke, vismotte, vlooie, krieke, miere, termiete ...

  • 18

Hi,

Al bg en nogwat kan effektief aangespreek word deur boorsuur [poeier] [boric acid] dun te strooi waar hulle voorkom. Die boorsuur vernietig enige gogga met ‘n eksoskeleton se maagwande, so vrek hulle dan. Die insekte loop oor die boorsuur, maak hulself dan skoon [dis hoekom sommige dink ‘n kakkerlak is kastig so skoon…] en kry dit so in hulle lywe. Boorsuur is omtrent so giftig soos tafelsout en jy sal dit in meeste apteke, supermarkte en van omtrent alle chemiese verskaffers kry. Dit werk solank as wat dit daar le en die diere daarmee in kontak kom; so kan jy honderde rand spaar, ekovriendelik wees en dit self doen!

gabriël g smit

  • 18

Kommentaar

  • Gabriël: Ek het nie juis probleme met kakkerlakke nie (behalwe dié in die parlement, en hulle is blykbaar immuun teen boorsuur), maar elke somer word my kombuis binnegeval deur sulke klein swart miertjies wat op die ou end selfs in verseëlde houers en in die yskas inklim (geen mens weet hoe hulle dit regkry nie!). 

     
    So dankie vir die wenk: ek sal hom uitprobeer en kyk of hy werk. 
  • hallo julle,
    my briefie van 14 desember hierbo het verwysing, die een oor boorsuur en kakkerlakke.
    vir meer inligting gaan loer gerus op kakkerlakke.co.za
    in Christus
    gabriel

  • Robert van Dijk

    Middag, sal dit ook werk vir "card board mite"?
    Ons het tweedehandse dose gekry vir ons trek van PE na Ficksburg en is nou getref met die pestilensie, ons kry dit nie uitgeroei nie! Bitter Klein swart goggatjies wat baie seer byt, maak bulte amper soos vlooie, maar dis nie vlooie nie.
    Ons het die huis al twee keer gefumigate, gooi sout op die vloere, was die vloere met jeyes fluid en spuit Fendona asook cypermetrine.
    Enige raad is welkom
    Groete
    Robert van Dijk

    • Roelene Webber

      Robert dit Klink eerder of julle luise het. Julle gaan moet mense kry om julle meubels beddens kaste en als te kom behandel.

  • Wat kan ek gebruik om vismotte uit te kry? Ons nuwe klere vol gate ... asseblief help. Ek soek dringend raad; ....net nie motbolle nie, kan nie die reuk vat nie!

  • Daar het so 'n vlaag van luise uitgebreek. Die hele bed is vol sulke rooi goed,lyk soos vlooie maar is rooi. Dis vol bloed. Sal boorpoeier help? Gewone fumutabs werk net 'n rukkie; dis al die hele huis vol.

  • Hans Richardt

    Wel, vir bedluise moet al die lyfhare gewaks word.... Daar is spesifieke spuitgif vir weerluise.
    Ek bly naby bos en kry van my bure baie goggas. Ek was my vloere en kasoppervlaktes met jik en wit asyn. Die huis ruik bietjie na asyn, maar goggas hou nie daarvan nie, omdat hul die tipe chloorgas met hul lywe absorbeer. Ons het veral probleem met sakspinnekoppe en kakkerlakke. Gebruik asb gesigmasker en maak seker jou huis is goed geventileer. Maak jou huis daagliks skoon en ventileer dit behoorlik.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top