Johannes Kerkorrel

Ek dink baie mense onthou vandag vir Johannes Kerkorrel vir die politieke beeld wat hy gehad het. Dit is jammer dat ’n kunstenaar soos hy se loopbaan oorspronklik gebou was op sy politiesgelaaide liedere. Dit is ongelukkig so dat baie van wat onthou word van hom uiteindelik neerkom op die sg ‘Voëlvry’-beweging. In daardie opsig is Kerkorrel baie soos Ingrid Jonker – dis die politiek wat hulle uiteindelik bekend gemaak het.

Maar daar is ’n ander rede hoekom mens vandag nog Johannes Kerkorrel se musiek op die radio hoor. Daar is so baie kunstenaars wie se musiek vandag eintlik nooit meer gehoor word nie. Van hierdie kunstenaars was goeie vermaaklikheidsterre. Hulle kon gehore betower. Ander het besondere stemme gehad. Maar die een ding wat vir Johannes Kerkorrel laat uitstaan, selfs onder meeste van sy tydgenote uit die ‘Voëlvry’-era, is dat Kerkorrel waarlik ’n begaafde musikant en veral komponis was.

Daar is baie meer aan Johannes Kerkorrel as sy werk in verband met ‘Voëlvry’. Hy was ’n buitengewoon begaafde kunstenaar wat tydlose musiek geskryf het.

Barend van der Merwe

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.