Johannes Kerkorrel?

  • 0

Jy was 'n ikoon, met kleivoete. Wie sou dink dat jy eintlik vir 'n ander man jou liefde besing het. In die laat 1980's het man lekker gesing, 'sit dit af, sit dit af'. Tog is jou vraag beantwoord oor drome bewaarheid, Bettie Kemp, Marietta Kruger lees nog steeds RSG-nuus. Hulle sukkel nog om Riaan Cruywagen uit die SABC TV-gebou te kry. Deesdae het Jacob Zuma vir PW Botha vervang op TV. Daar is nog steeds demokratiese geweld in die townships en die 'nuwe Boipatong' was op 'n klipkoppie buite Marikana. Shell het koperdraad belowe, om die Karoo vir altyd te fragmenteer tot 'n woestyn. Ek wonder hoe Judas sou voel oor die 2012 situasie ...

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top