Is hierdie 'n sekere SêNetter?

Baie soos die veelvraat (wolverine) soos opgeteken in Die Groot Oerwoudboek in 'n artikel deur Paul Annixter:

"... 'n uitgegroeide veelvraat - 'n skepsel wat blykbaar vir die bose self voortbestem is, met slagtand en klou teen elke ander bewoner van die wildernis gekeer. Die verskillende name waaronder hy nog bekend is … beskryf in wyd uiteenlopende tongvalle die diepe veragting van elke spreker. Miskien sal die naam Ismael hom net so goed pas, want sy ontstellende aanleg vir boosdoenery en verwoesting bring mee dat hierdie diertjie die mees gehate ... sluiper in die bos is."

"... hierdie slimste onder die wilde diere, hierdie woeste wreedaard wat weinig ander ooit sal aanpak, al was sy muskusagtige vleis ook hoe smaaklik - wat dit beslis nie is nie - weet goed dat hy voor die neuse van die magtigstes mag drentel."

"Al die ergste karaktertrekke van sy onaangename voorvaders het Ismael geërf, en geeneen se goeie punte nie ... Hy is dapper ja, soos almal moet wees wat hulself bokant die wet verhef. Origens is hy norser as 'n ratel, haatliker as 'n muishond, en selfs woester as die visvanger-marter - sy bloedneef. In vergelyking met hom is die jakkals onnosel, en vir sy gewig is hy die sterkste lewende dier."

"Een of ander afwyking in hierdie diertjie se duistere inbors, hits hom aan om te roof, om te verwoes, om met duiwelse lis die wêreld moeilik te maak vir almal wat hy teëkom."

Laat mens nogal dink, nè!

Heiden

Kommentaar

  • Heiden:

    Etlike jare gelede het ek ’n tyd lank in Nederland gewoon. Ek sien toe een dag in ’n TV-gids dat hulle die woord "wolverine" in Nederlands vertaal as "vrouwtjeswolf."  En wat jy hier bo beskryf klink nogal na ’n blerrie teef. :-)

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top