Interessante RSG-bydraes oor die SKA-teleskoop en die ouderdomsbepaling van fossiele

Vir almal wat ’n belangstelling het in wetenskap in die algemeen en veral spesifiek in sterrekunde,  is daar ’n interessante bydrae oor die SKA-TELESKOOP deur Christene Wessels en Elsabé Brits, wat uitgesaai is op Sondag 25 November in die program ‘Ekoforum’ onder leiding van Jacqui January en een op Sondag 9 Desember onder leiding van Chris Wessels in die program ‘Hoe verklaar jy dit?” oor die ouderdomsbepaling van fossiele deur prof Jurie van den Heever. Die eerste gedeelte van die program waarin prof. Van den Heever verduidelik, handel oor stedelike tuine en sy bydrae is die tweede deel van die program. 

Panda

Kommentaar

  • Dankie Panda

    Ek geniet altyd "Hoe verklaar jy dit" en ons program op ’n Sondag word al jare lank so gereël dat ons 11:30 tot 12:00 daarna kan luister. Dit het al tot verskeie grappe in ons gesin gelei en alhoewel die seuns my spot oor my verslaafdheid aan die program luister hulle al drie as hulle die kans kry. Jurie van den Heever is natuurlik een van George Claassen se gespreksgenote in die boek God? wat Trienie na verwys het – voorwaar baie leeswaardig.

    Groetnis

    Thomas

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top