Interessante debat ...

  • 3

... vanoggend (Woensdag 16 Mei) tussen Kallie Kriel van AfriForum aan die een kant en Pieter du Toit en Anita Visser, onderskeidelik van Hufington Post en RSG, aan die ander kant.

Jan Rap

  • 3

Kommentaar

  • Ja, en vanoggend wy Anita 'n lang gesprek oor Ramadan - dis pinkster by ons, maar wie gee nog om daarvoor?

  • Ek kyk op kanaal 144 na Ernst Roets en 'n prof du Plessis se gesprek. Opvallend dat die professor voor die onderhoud begin dit "onomwonde stel" dat sy plaasmoorde nie goedkeur nie. Verstaan nie, hoekom doen sy dit? Ook snaaks dat AfriForum summier voor stok gekry word. Ek dink persoonlik AfriForum moes die saak op 'n ander manier hanteer het. Daar is maniere hoe jy dinge doen sonder om daaroor uit te basuin wat jy gedoen het. Ek sien die eerste reaksie is dat AfriForum met regses in die VSA geheul het. Verstommend hoe blindelings word jy uit alle oorde aangeval durf jy die regime kritiseer of jou mening lug teen iets wat aan jou krap. Jy word of met die rassekaart geklap of as regse geëtiketteer. Daar is altyd drie kante aan 'n saak. Kyk wyer.

    • Ja Reusedwerg, ons boere word verguis en steeds verwag hulle van jou om blinkoog oor die Nuwe SA te wees. En kan jy glo ouens soos Max du Preez en Piet Croukamp is wel maar hulle kan seker nie anders nie - hulle het hul hiervoor beywer vir en moet steeds die kaal keiser se wonderlike klere besing.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top