Ingrid Jonker-prys: Kortlys 2015

  • 0

Die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys is pas bekend gemaak. Die prys word jaarliks beurtelings aan ʼn Afrikaanse of ’n Engelse debuutdigbundel toegeken - die twee tale waarin Ingrid Jonker geskryf het.

ingridjonkerkortlys
Die beoordelaars het die volgende bundels genomineer (in alfabetiese volgorde volgens die digters se vanne): Eunice Basson se Leiboom, Jannie Malan se In ligte laaie en Nathan Trantraal se Chokers en survivors. Die wenner word op 1 November bekend gemaak en die prys word in Maart 2016 by die Woordfees oorhandig.

Aangesien die beoordelaars van die prys volgens die reglement gepubliseerde digters moet wees, is dit ’n prys van digters aan digters. Vanjaar is die beoordelaars Marlise Joubert, Hennie Nortjé en Vincent Oliphant.

Danie Marais is die sameroeper van die Ingrid Jonker-komitee. Die ander komiteelede is Ronel de Goede, Leon de Kock, Finuala Dowling en Diana Ferrus.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top