Ingrid Jonker-prys 2017: Nou oop vir inskrywings

  • 0

Die Ingrid Jonker-prys word vanjaar vir Afrikaanse poësie toegeken.

Stuur asseblief drie eksemplare van enige Afrikaanse debuut-digbundel wat in die jare 2015 en 2016 verskyn het en volgens die reglement* vir vanjaar se Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie in aanmerking kom, vir beoordeling na:

Die Ingrid Jonker-pryskomitee
Posbus 657
Stellenbosch
7599

Die sluitingsdatum vir voorleggings is 30 Junie 2017. Die kortlys sal teen 15 Augustus bekend gemaak word en die wenner sal op 1 September aangekondig word.

Ronel de Goede, sameroeper van die Ingrid Jonker-pryskomitee

* Vir die reglement, sien: http://versindaba.co.za/2011/03/23/die-ingrid-jonker-prys/

Lees ook:

Die prys vir Engelse poësie is in 2016 aan Thabo Jijana vir sy Engelse bundel Failing maths and my other crimes toegeken.

Die prys vir Afrikaanse poësie is in 2015 aan Nathan Trantraal vir sy bundel Chokers en survivors toegeken.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top