Infrastruktuur en basiese dienste in ZAR was grootste geskilpunt

  • 0

. Onthou dat myne reeds in Benoni, Springs, Klerksdorp en Johannesburg bestaan het.

Paul Kruger, wat vir 15 jaar president was, was 'n diktator wat nepotisme gebruik het, maw "staatskaping"!  

Op die platteland was wit mense agterlik agv armoede. Die kerke was verantwoordelik vir skole. Daar was geen behoorlike paaie, geen dienslewering of gesondheidsleer en gesondheidsdienste nie. 
Baie het geen gepypte water of selfs "longdrop"  gehad nie! Gee die Britse kampdokters krediet, die vroue en kinders was ver van lewenstandaarde van London of Parys.

Die gebruik van rol toiletpapier is eers algemeen van na 1940's in platteland VSA ... Ons het self nog ou telefoongidse in ons buite-emmertoilet gehad in 1960's ... Ten minste,  as 'n meisie jou verveel het, kon jy die ou nuus op haar agterstewe lees ...

Ja, opvoeding in gesondheidsleer vir persoonlike higiëne en higiëne in woonplek, was grootste drama vir selfs Emily Hobhouse in kampe. Die Boerekrygsgevangenes het dieselfde in hul kampe geleer. Met byna die hele ZAR en Vrystaat-republiek se bevolkings in gevangenekampe, het Britte dmv indoktrinasie en ook opvoeding 'n nuwe koloniale bevolking geskep. 

Al die emosionele plakkery noem nie die werklike feite nie. Mortaliteit voor en na ABO van kinders was probleem. In bv Boksburg se ou begraafplase lê honderde kinders se grafte, wat dood is in bv Groot Griep-epidemie van 1919! 

In 2017 is dienslewering, staatskaping en nepotisme nog steeds die politieke probleem, 120 jaar na Paul Kruger daarvan beskuldig was, ook deur uitlanders ... 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top