'n Nuwe politiek-korrekte verweer. Die "error of ..."

  • 0

In die Grondwethof is oor Nkandla gepraat.

Wanneer die gewone burger, soos wat dit soms in die samelewing gebeur, onbedoeld en onskuldig die Reg oortree, kan hy nie ‘n  verweer aanvoer dat hy nie geweet het nie.  Die beginsel wat hier geld is  “Onkunde aangaande die reg is geen verskoning nie.”  Maw jy moes bewus gewees van, en dit is jou plig,  om te weet wat die beperkings van ‘n handeling is voordat  jy sodanige handeling uitgevoer het.

Dinsdag aanskou ek hoedat die waardige Parlement (die wetgwende gesag van ons land ... nogals né) en die Minister van Polisie in die Grondwethof hul beroep op ‘n “error of law interpretation”  verweer oor dié liggame se gruwelike mistasting in die Nkandla-sage. (Die eerste simptome van ‘n “Banana Republic”.)

Ek vind dit moeilik om te verwerk.

Webvoet sê Litnet het ‘n kriteria ( judgement ) oor die plasing van briewe. As ek nou een item van sy kriteria mag neem, bv. Rassisme, wonder ek of hy ‘n onderskeid maak tussen rassisme teenoor ‘n gesprek oor rassisme, of skeer hy veiligheidshalwe al twee oor dieselfde kam, wat dan enige gesprek oor hierdie aktuele onderwerp op die Sê taboe maak.

Kan hy as geloofwaardig geag word?  wat my betref, nee. Ek is oortuig daarvan dat Webvoet (en by implikasie LitNet)  ‘n politiek-korrekte agenda oor die plasing van briewe/bydraes/menings ensomeer, dryf. Hy dikteer aan ons as oor wat ons denke behoort te wees en verwerp dit om  subjektiewe voorleggings oor ons denke/menings oor onderwerpe te plaas. ‘n Minagting van die beginsel van vrye spraak waarop die media so heilig is. Hoe ironies!

Hy adresseer nie ons gewone briefskrywers se menings/denke nie en pleeg ‘n  error of association”. Verander die politieke klimaat, wat, soos dit vir my lyk, wel aan die gebeur is, kan Webvoet later moontlik terugval op nog ‘n ander verweer bv.  “error of judgement”.

Is dit nou die begin van 'n nuwe ongesteldheid in ons samelewing,  'n  aanspraak op  “error of something” wanneer dinge nie begryp word nie?

Raed-na-Gael

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top