Identiteitskrisis

  • 1

Hulle het genoeg gehad
soos ‘n vrou vir oggendnaarheid.
Die kind moes weg. Koshuis toe.

Dit het my goedkeuring weggedra.
Goddank “The final countdown”
het uiteindelik aangebreek.

Die gang was lank. Ons het met
sokkies daar afgeski en mekaar
met komberse getrek.

Saterdae het ons die gang
laat weergalm met
“Get down make love”
“We don’t need no education”.

Die ritme het soos ‘n skeermeslemmetjie
in my arms en bene gesny
en die pyn verplaas, oplaas
die adrenalien laat pomp.

In die nag was die gangdeure toe.
In skoolskoenswartdonkerte het
die kind voetjie-vir-voetjie voel-voel
na haar spelonk geskuifel.

Daar binne was God, die kind en ek:
die drie-eenheid verbrokkel.

  • 1

Kommentaar

  • Marietta Peverelli

    Pragtig! Mens sien die bang dogtertjie in die gang afskuifel! Marthe McCloud het 'n slag met woorde! Ek kan vir ure lees aan haar gedigte en stories.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top