Huldeblyk: Cas van Rensburg

  • 0

Cas van Rensburg was sekerlik die mees belese en talentvolste kollega met wie ek ooit saamgewerk het. ’n Joernalis wat harde nuusstories kon skryf en net daarna insigvolle werk oor kuns of drome. ’n Mens wonder hoe sy loopbaan sou gelyk het as hy die kans gehad het om vir die Europese of Amerikaanse mark te skryf.

Ons het etlike jare lank saamgewerk by Beeld in Pretoria, waar hy nuusredakteur was, en later in Johannesburg toe ons saam Insig begin het.

Hoewel Cas ’n reputasie gehad het as ’n moeilike mens, kan ek nie een dag onthou dat ons ooit rusie gehad het of suur was met mekaar nie. Miskien was ons in baie opsigte voëls van eenderse vere. Ongelukkig het ons ook mekaar se swakpunte gedeel, wat soms ’n fatale kombinasie gevorm het. Hy het byvoorbeeld nie baie politieke aanvoeling gehad nie en ek weer nie politieke brieke nie, met die gevolg dat "hulle wat in die donker wandel" ons kantore ge-bug het. Gelukkig het goedgesinde vriende ons gou daaroor gewaarsku en het ons ons politieke berigte daarna in iemand se kar beplan.

Cas se insig in mense en verhoudings was merkwaardig.

Ek bring graag hulde aan ’n vriend van wie ek altyd net lojaliteit en ondersteuning ontvang het en vir wie se werk ek die grootste respek gehad het.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top