Huis, woning, tuiste: Vivian Brink se inskrywings

  • 0

Huis van my moeder

Die bruinmuurhuis,
in Ericalaan,
nommer drie
wat teen die berg staan.

Die tuinliggies brand,
langs die paadjie opdraand.
Die koejawelboom blom.
Soos ons nader kom.

Ek staan by die voordeur ...
Uit die kombuis ...
’n Hemelse geur ...
Ek voel weer tuis ...

Skons
en herderspastei.
Pap en wors.
En die wintergroentesop ...

Ek verlang soms ...
terug,
na die huis van my moeder.

 

Motorhuis

Die kartondose staan,
een op die ander.
Twee gebreekte waaiers,
lê opwaarts na die dak en kyk.
Met ’n reuse ou teddiebeer,
in die hoek wat vir my loer ...
Ek sien die kano
wys in ’n rigting,
maar ek kyk vas
teen ’n vuil muur
met ’n enkele kragprop ...
Waarom moes my oë
juis op dié prentjie kom lê?
Probeer die motorhuis dalk vir my iets sê?

Maak oop jou hart,
pak uit jou denke ...
Laat die lewe jou waai,
soos dit moet ...
Vloei saam die gebeurtenisse,
na die plek wat vir jou krag sal gee ...
Alle oë is op jou,
want jy’s gemaak vir sukses ...
Glo net bietjie meer in jouself ...

Probeer die motorhuis dalk vir my iets sê?
Werklik wat ek in die lewe wil hê?
Duidelik soos aardse goedere wat orals rondlê?


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top