Huis, woning, tuiste: Vinkie

  • 0

Vinkie

Hy is vlytig aan die werk en hou aan bou.
Maar vroutjie wil dit nie hê, omdat sy nie daarvan hou.
Dit is egter geen probleem, hy doen dit sommer weer gou.
Dan begin hy weer bou en bou.

Hy skeur die varings een vir een.
Jy weet mos hy wil dit net leen.
Rats vlieg hy na die tak en onderstebo,
begin hy weer van voor en gaan aan so-en-so.

Kort voor lank neem die nes weer vorm aan.
Die keer is dit reg, of so neem hy aan.
Net om tot sy spyt te besef,
dit eindig ook soos die res.

 Nou begin hy maar weer heel van voor,
dit is tog vir hom glad nie goor.
Kort voor lank is hy bly,
want vroutjie gaan nou daar bly.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top