Huis, woning, tuiste: Tuiskoms

  • 0

Tuiskoms

Al dwaal ek ook nog dikwels
by die melkweg, wind en maan verby
En al sou jy my spoor
op ’n duisend donker perronne
in die wêreld kry
Al bly ek ook maar soek na sin
in dìt wat die hart glo
en dìt wat die mond bely
weet ek vir seker en gewis
my hart en my huis
is net mooi dáár
waar my hemel is ... 


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top