Huis, woning, tuiste: Sy huis

  • 0

Sy huis

Hy was ’n alleenmens
soos hulle sê

’n Introvert. Foeitog

Nie kind of kraai
soos hulle sê

’n Bietjie baie gedrink
alleen in sy kamer

Maar dis sy saak
soos hulle sê

Nie ’n huis. Nie ’n werk
Of nee, hy het vir die onkoloog gesê
sy beroep is koster
by die NG Kerk

"O", het die dokter gesê.
"Maar", het hy verder gesê, "van nou af moet jy jou voorberei op die nuwe lewe wat voorlê."

"Ja dokter."

Dis ’n huis!
Met mense en stemme!
En mooi beddegoed!
En ’n uitsig op die see!

Vir die eerste keer
’n regte huis

Al is dit net tot
hulle AVBOB moet bel.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top