Huis, woning, tuiste: Suné Bauling se inskrywings

  • 0

My Huis

My huis is my hart
  Waar is jou huis

My huis is in liefde
  My hart in jou

My huis is in vreugde
  My hart op die plaas wanneer dit sous

My huis is in hoop
  My hart waar ’n weggooi-kind sy lêplek vind

My huis is in vertroue
  My hart waar jy vang voor ek te hard val

My huis is in genade
  My hart waar geliefdes mekaar omhels

My huis is in vrede
  My hart in die hemel, by jou, Mamma

My hart is in vergifnis
  My hart vergewe

My huis is in geloof
  My hart is Christus!

 

Tuiste tipe tuis

Weet jy waar jy hoort
Weet ek?
Is ons akkoord
Weet jy ...

Jy – tuiste vir my
Jy is die liefde
Jy is my glimlag
Jy is  koffie voor dou-dag

Jy – tuiste vir my
Jy is my genade
Jy is my vrede
Jy is my hoop

Jy – tuiste vir my
Jy is my trane
Jy is my hartskerwe
Jy is my seer

Jy – tuiste vir my
Jy het my geleer
Jy het my geleer om lief te wees
Vir my

Ek – ek is tuis
Ek is my tuiste
Tuiste tipe tuis

 

Wonings vir Konings

Ek vertel jou van my sterredak
Van goggas en paddas wat wegkruip in my sak
Groenerige geitjies wat daai vervlakste muskiete vang
Selfs jy swart mamba, jy maak my nie bang

Ek vertel jou van my wolkekombers
Van reëndruppels wat die grondpad seën
Stofkolletjies op my hart wegspoel
Wanneer jillende kinders rondplas in ’n  modderpoel

Ek vertel jou van berge amper blou
Van klimmende klouter jou geheime ontvou
Watervalle agter klimrankplante
Van mense so klein van hier bo af soos mierkalante

Ek vertel jou van my koninklike woning
Van elke dag se asemrowende sonopkoms, nóg ’n beloning
Ek vertel jou van my hart wat tuis is
Hier tussen bosse en bome, tussen grassade en sonbesies
Ek vertel jou van my hart wat tuis is
Buite!


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top