Huis, woning, tuiste: Ons tuiste

  • 11

Ons tuiste

Mamma dit voel ek het jou nou net gemis
toe ek gaan stilstaan en in my
voetspore vastrap. Die huisie is leeg
as ek by die bure staan.

Daar waar ek kon lag en myself
wees elke dag. Daar waar ek kon 
spoeg en plak en die drade aan
mekaar haak. Daar waar ek drome kon 
uitlê wat dalk eendag mag wag.
Dis ’n woning. Ons tuiste en al was die
pad soms hard en ver, het jou hande
vir my gewerk. Jy het my daar gebêre 
onder jou vlerk en my met jou moeder-
liefde gemerk. As ek weer kon sou ek
die lego’s uit my boks uit gooi en die 
bure oorkant se kinders vir koffie nooi.
Daar waar ons laat aande die hark se tande kon breek en die klippe uit die grond uitsteek. Ek onthou die laat aande
lag en die beker koffie op die kombuis-
tafel wat wag.
Daar vind ek nog altyd my tuiste. Daar waar jou hart na my sou luister.
’n Woning wat deur geen woord beskryf kon word nie. Jy was lief vir my. Oneindig lief. Ek was jou enigste kind. Jou hartedief en so verlang ons almal na ’n tuiste waar ’n nuwe dalk mag wag.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 11

Kommentaar

  • Dis baie diep ware woorde. Pragtig Natasha, beter kon dit nie gestel word nie, jy't 'n leeftyd in 'n paar woorde vasgevang. Ek kan die prentjie in my geestesoog sien.

    • Ronelle Groenewald

      Ek stem saam met A Venter ... 'n Leeftyd vasgevang in baie mooi woorde, so uit die hart van iemand vir wie dit definitief die moeite werd was om kind te kon wees met 'n moeder so wonderik! Pragtig Meisiekind, jy mag maar ... xxx

  • My Afrikaanse woordeskat kan nie beskryf hoe na aan my hart die gedig lê nie, dit is onbeskryflik mooi en nou waardeer ek my moeder net meer. Baie dankie.

  • Nicolette Heunis

    Baie mooi en emosionele gedig. Laat dink my so baie aan my ma wat ook alles moontlik vir my gedoen het. Definitief my hartsnare geroer.

  • Dit is regtig n baie mooi gedig ... laat mens dadelik terugdink aan daardie dae en net so bietjie meer waardeer.

  • Marianna Barendze

    Wow. Natasha ek het nie woorde nie, behalwe om te sê dat dit baie baie mooi is. Ek verlang skoon nou na my eie ma. Wel gedaan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top