Huis, woning, tuiste: ons hysie

  • 0

ons hysie

mamma, vertel vir my ’n sprokie
met ’n boompie,’n son en ’n hysie

my kind,
eendag sal jy vind
hierdie is nie die dinge wat ons bind
dis nie die plekke waar ons bly
of wat ons besit
dis ’n onsigbare iewers in ons harte gespit

maar mamma, wat van die son?
hoe sal ons leef sonder hom?

my kind,
jy sal hom weer eendag op die grasperk voel
die parkie is mos daarvoor bedoel
maar vir nou moet ons eers hierso bly
dis al plek waar pappa werk kon kry

maar mammie,
wat van die boomhys in ons ou tyn?
kan ek nie daarheen verdwyn?

ai kind,
daardie plek is vir altyd weg
en ek weet dis nou vir jou sleg,
maar daar sal weer ’n tyd wees
wat jy sal kan beleef
huis is meer as bloot ’n tuiste
dis mense wat jou hartstaal praat
’n plek wat jy nooit kan verlaat
met vriendskapsbande
dikwels sterker as bloedverwante
iewers waar jy behoort
nie net inpas nie, maar pas
onvoorwaardelik
en altyd aanvaar word

mamma, ek verstaan
al is hier nie ’n boompie, ’n son of ’n hysie nie
sien ek yt na ons volgende sprokiestyd …


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top