Huis, woning, tuiste: Nadia Camm se inskrywings

  • 0

My huis was nog altyd in my hart,
daar was nooit enige smart.
Dit was altyd vol lig,
vol lewe,
vol warmte,
vol kleur,
vol lag,
vol liefde.

Oral waar ek ook al wou gaan,
het niks negatiefs bestaan.
Die blomme in my tuin was altyd vrolik,
die son altyd helder.
My lag altyd die hardste,
my glimlag die breedste.

Toe skielik uit die bloute,
begin al die foute!
Niks of niemand sou my ooit kon voorberei,
waarheen als heen sou lei.
My bome se blare het begin bot,
en later heeltemal verrot!

’n Ander het verskyn,
en my lag het verdwyn.
Ek was nie meer goed,
ek het begin wroeg.
Die lig in my huis het verdwyn,
die donkerte het verskyn.
Dit was so bitter seer,
maar ek kon dit net nie keer!

My huis se vensters wou nie meer oop,
ek moes net loop!
Die pad is vol dorings en slaggate,
ek was dit glad nie te wagte!

Wat het ek gedoen om dit te verdien?
Ek kon dit glad nie voorsien!
Daar is só baie vrae,
maar wat sal dit tog help om te kla?
Daar is geen antwoorde,
alles is verlore.

My huisie het inmekaar getuimel,
en al wat oorgebly het, is die hol spookgeluide ...


 

Voete wat stamp,
hande wat klap,
monde wat lag,
stemme wat sing,
dís wat liefde bring!

Die alewige vrae en gekla:
“Mamma waar is my potlood?”
“Mamma hoekom kan ek nie langer tv kyk nie?”
“Mamma ek is honger!”
“Mamma kyk vir Boeta!”

Hulle is tog so ’n seën,
nes die reën!
Om hulle alleen groot te maak,
is glad nie ’n maklike taak!
Dis dubbel die raas,
want elkeen dink hy/sy is kaas!
Ook dubbel die vermaan,
Want elkeen bly sy eie planne beraam!

Tog beteken dit ook dubbel die drukkies,
die nat soentjies,
die “dankie Mamma, die kos was lekker!”

Dit is my huis,
hier is ek tuis!


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top