Huis, woning, tuiste: Marna van den Berg se inskrywings

  • 0

Tuis

My huis strek wyer as net vier mure
fondasies word gelê vir aanbou
en brûe oor afstande gebou.

My woning strek wyer as net ’n gebou
al verweer die sement en steen met die tyd
is dit boublokke van my identiteit.

 

Tuiskoms

Iewers in die middel van dit alles
het jy geglimlag en opgekyk
vir ’n oomblik het die wêreld gaan staan
selfs die son het gerem in sy wentelbaan
dit het stil om ons geraak
die dag toe jou oë my joune maak.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top