Huis, woning, tuiste: Lindie van Gass se inskrywings

  • 1

een begrip; een mens

huis.

dat ’n begrip so eenvoudig
so kompleks gemaak kan word deur die hart
deur emosie
deur die smag na ’n plek waar ons kan
kwesbaar wees
kan bloei
kan stoei
met ons gedagtes
waar ons kan ineenstort sonder vrae
sonder skaamte
’n plek waarheen ons kan terugkeer
keer op keer
waar ons kan wals op die maat van eenvoud
van liefde
van aanvaarding

 

jy.

dat een mens soveel betekenis gee
aan ’n plek wat voorheen net ’n adres was
’n leë gebou
nou is ’n poskode ’n liefdesbrief
’n noodkreet
na hoop
na omgee
vier mure wat luister
wat die deur oophou sonder vrae
sonder oordeel
’n plek waar my siel tot rus kan kom
elke keer
waar my hart leer van eenvoud
van liefde
van aanvaarding

van jou.
ek is tuis my lief. ek is tuis hier by jou.

 

Ek wil huis toe

Ek voel stoksielalleen
met die wêreld se geroesemoes,
met almal wat jou vergeet het,
en aanhou lewe, so asof dit okay is,
en asof hulle nie verdrink in die verlede
en die seer nie.

Ek voel eensaam
by elke glanspartytjie,
in die ry by Seattle Coffee Company
waar ek nou net een cappuccino bestel
en die ou agter die toonbank glimlag met empatie
want hy weet.

Ek soek na jou
in elke vreemdeling,
in die bodem van my wynglas
waaroor ons laataand gefilosofeer het
en waar ons naïewe beloftes gemaak het
en gedink het hierdie oomblik is vir altyd.

Ek verlang
na die veiligheid in jou arms,
na jou sagte trooswoorde,
na die Wimpy-ontbyt elke Saterdag.

Ek wil huis toe,
kom haal my?

 

Homesick for you

“Never make someone your home,” they warn,
but this time is different.”
until 3 years later and you wake up from your make-believe world
without a key to your once held shelter
and his wrinkled-up picture stares at you
the memory of him disappearing into creases
entirely faded
but for those eyes that still hold the same untamed gaze
and your mind is drowned in the familiar questions.
You stare back
until he turns around
locks the door
and leaves you
homesick.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 1

Kommentaar

  • Joani Froneman

    Ongelooflik goed. Mens wil dit weer en weer lees en elke keer is daar iets nuut - verseker iets waarmee almal kan identifiseer. 'n Skrywer om dop te hou!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top