Huis, woning, tuiste: Iemand om voor nag te sê

  • 0

Iemand om voor nag te sê …

Ek drink
my vyf jaar oue beleë wyn
uit helder kristalglas.

Ek eet
my eksotiese garnaaldis.

My koerant
vertel my
van: oorlog, vreugdes, sport …

My keurige hoëtroustel
bou óm my
’n Brahms-kokon.

My muurklok sê:
dis slaaptyd …

… nag garnale
nag koerant
nag Brahms
nag muurklok
nag Nag …


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top