Huis, woning, tuiste: My huis, my hart, my sielsmaat

  • 0

My huis, my hart, my sielsmaat

As jy sou praat
my huis, my hart, my sielsmaat

Menige modderspoor
het jou met kras woord vuig g`laat

Ned’rig reik jy oor –
Welkom,
Welkom,
stap jy voor

Met koning, met gespuis
elkeen wat jou pad kruis
’n handdruk, ’n teer woord
egte verbintenis hoort

Die leer stewig, sterk gegrond so
Vashou –
Vashou –
Jy klim, jy klou, jy bou tot bo

Bo is die briesie sag, koel –
Vergeet nie, nooit nie
die vae onderste soel
Nie rooi tapyt vir jou nie –

Maar skatryk Persiese mat, spesiaal ingevoer
Kom –
Kom –
Laat ieder hart eensaam, onvergenoegd hier inloer –

My huis, my hart, my sielsmaat –

Welkom, Welkom
Hartlik welkom


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top