Huis, woning, tuiste: Ek mis jou, Huis

  • 1

Ek mis jou, Huis

jy met die verstaan
wie ek is
en waar my wortels lê

jy wat my hart het:
in die natuur
en kosmaakgiere

jy wat stil is
terwyl ek groei
(in jou moederskoot)
tot volwaardige man

die subtiele vrees
in jou oë
tydelik vergete

jy wat my laat gaan
my vlerke gee
terwyl jou hart treur

Afrika-Huis
Ek mis jou


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top