Huis, woning, tuiste: Cornelia le Roux se inskrywing

  • 1

Ek staan weer voor die hekkie
Jy kyk vir my en ek vir jou
Nes jy destyds gedoen het
Maar toe was jou krake minder
Jou vensters nie so kaal
Die stoep was nie so grof
En jou mure kan nie meer skinder
Die deur na jou siel
Kraak vandag nog harder
En die trappie oor jou drumpel
Is al baie erg verniel
Die gang is leeg en koud
En die kombuis het sy geur verloor
Jy kon met soveel trots
Met pannekoekstroop toor
My kamer voel ook kleiner
As wat dit destyds was
Hier hang ook geen gordyne
Wat nuuskierige oë laat wag
Die bad het nog dieselfde krane
Maar die water loop nie meer
Nie soos die trane
Uit my hart so seer
Ek mis jou, ou grote
Jy wat eers my tuiste was
Hier waar jou vier mure
Gister se geheime
Bêre in jou kas
Jou sitkamer was my hemel
Gevul met boeke vol klas
Dis hier teen die muur
Waar oupa nog kon lag
Jy, ou huis
Staan hier nou so alleen
Maar vir my was jy tuiste
My woning
My kindwees-onthou
Sal jou altyd liefhê
Die plek van my jeug
My huis
My asemteug


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top