Huis, woning, tuiste: Charlene Erasmus se inskrywings

  • 0

Introspeksie

Wanneer die wêreld groot geraas maak
en jy kan jouself nie hoor nie.
Wanneer jou gedagtes verstop
en jou emosies nie verteer nie.

Gaan wees alleen
wees jy
verwyder die kettings om jou brein.

Gaan wees alleen
wees jy
en jou kommernisse verdwyn.

Gaan wees alleen
wees jy
en dadelik voel jy tuis

Want ’n siel sonder sorge
is ’n vreugdevolle huis.

 

Die tronk

Ek sit alleen in die tronk
Ek sit en sit en sit

My geselskap my gedagtes
Ek dink en dink en dink

Ek tel die jare af
Dertig merkies teen die muur

Die meerderheid van my jare
Van korte duur

My enigste avontuur
is my skadu teen die muur

’n vae geheue van vryheid
baie lank gelede

Ek wonder of ek weer
Vryheid kan ervaar

Hoop is altyd daar
Hoop hou my aan die stuur

Eendag sal ek uitkom
Ek maak planne elke dag

Maar die regter het beslis
In die tronk word ek begrawe

Die bewaarder is onvriendelik
As ek hom benader

Geen uitkomkans vir jou!
Die tronk is stewig gebou

Ek weet dit is waar
Want ek is die eienaar

ek is die gevangene,
regter en bewaarder

geen uitkomkans vir jou
want ek het my tronk self gebou


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top