Huis, woning, tuiste: Amos van der Westhuizen se inskrywings

  • 0

Gastehuis

Sondagaand hang ek vyf skoon hemde in die kas
wat jy gepak het, vars uit die was
maar met die laaste aan my lyf
sien ek jou weer al is dit lank na vyf
dae verdryf tydelik die vrees
vir wees wees
en vyf skoon hemde vars uit die was
op ’n Sondagaand in die gastehuis se kas.


 

Langs die Groot Gariep
kon ek tyd in die kerk kort maak
my voete onder die bank swaai
tot hulle later die vloer raak.

Langs die Groot Gariep
het 'pasop vir die kanaal'
eers betekenis gekry dié dag
toe hulle die klein de Waal se lyfie uithaal.

Langs die Groot Gariep
het snybootjies op leivore regatta gehou
kon draaikolke jou vasvang in voorskou
van wat die lewe later kan inhou.

Langs die Groot Gariep
het onskuld al dunner gevloei
dam, kanaal, leivoor tot in die akker
waar dit wegsyfer vir groei.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top