Huis, woning, tuiste: Afrika

  • 1

Afrika

geweeg
en
te wit bevind …

waarheen sal ek gaan
as Afrika my nie meer wil hê …

en as ek weg is,
my Hartland,
gaan jy dan
’n utopia wees
sonder wit
in jou reënboog …

gaan jy dan
begin opbou
wat jy gebreek het …

en gaan daar
’n eendag kom
dat jy sal weet
daar was tog
vir my ook plek
onder jou Afrikason …


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top