Huid

  • 1

Huid

Op Sutherland
het ek geleer van velle
van Ma en grootouma Bettie
en al die ander voorvroue voor hulle

dat ’n boerbok se huid
gestroop van sy agterlyf tot by die nek
gebrei kan word tot teersag sakkies
die nek en pote toegewerk
om koring daarin te hou

kleiner knapsakke
is van steenbokkies gemaak
om munte daarin te bêre

van die meerkat het hulle
velsakkies doeksag gebrei
vir die hou van knope

Wat sou dit wees
wat my vel vir jou inhou?

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top