Honneurs in Afrikaans en Nederlands by die US: nuwe tydgleuf akkommodeer werkende studente

  • 0

Universiteit Stellenbosch: Honneurs in Afrikaans en Nederlands

Aangebied deur die Departement Afrikaans en Nederlands, US

Die Departement Afrikaans en Nederlands bied vanaf 2017 die honneursprogram in Afrikaans en Nederlands in ’n nuwe tydgleuf aan, naamlik weeksmiddae tussen 16:00 en 18:00, om ook aan werkende studente die geleentheid te bied om die program te volg.

Die honneurs in Afrikaans en Nederlands is ’n graadprogram waarin studente opgelei word om hulle te bekwaam vir ’n beroep in die Afrikaansonderwys, ’n loopbaan wat gevorderde kennis van die Afrikaanse taalkunde verg, of vir ’n loopbaan wat gevorderde kennis van die Afrikaanse en/of Nederlandse letterkunde verg. Studente kies spesifieke modules op grond van hulle belangstelling of beroepsvereistes, en voltooi ook ’n groot navorsingswerkstuk.

Die volgende modules word in die eerste semester aangebied:

  • Afrikaanse en/of Nederlandse Film en Drama
  • Afrikaanse Prosa
  • Literêre Teorie en die Afrikaanse Literatuur
  • Afrikaanse Leksikografieteorie
  • Metodologie van Afrikaanse Taalverwerwing

Die volgende modules word in die tweede semester aangebied:

  • Afrikaanse Poësie
  • Afrikaanse Teksanalise (gevorderd)
  • Toegepaste Afrikaanse Leksikografieteorie
  • Taalbeplanning
  • Afrikaanse Skeppende Skryfkunde

Let asseblief daarop dat nie alle modules noodwendig elke jaar aangebied word nie.

Uit bogenoemde opsies kies studente ses modules, en volg bykomend daartoe ’n verpligte module in Navorsingsmetodologie wat in die eerste semester aangebied word. Honneursstudente skryf ook ’n groot navorsingswerkstuk oor ’n onderwerp wat in oorleg met die Departement gekies en onder leiding van ’n studieleier voltooi word.

Toelatingsvereistes: ’n BA-graad met Afrikaans of Afrikaans en Nederlands as hoofvak waarvoor ’n gemiddelde prestasiepunt van minstens 60% behaal is.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 November 2016. Aansoeke kan elektronies ingedien word via die webblad http://www.maties.com/apply/apply-online.html.

Van die modules wat hier bo genoem word, word vanaf 2017 ook as afsonderlike geakkrediteerde kortkursusse aangebied.

Vir meer inligting oor die honneursprogram of die kortkursusaanbod, besoek gerus die webwerf van die Departement  of stuur ’n e-pos aan Willem Anker (anker@sun.ac.za).

 USlogo

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top