Honde van Hades

  • 2

Honde van Hades
(Vir Anene en Andere)

Die honde van Hades is hier
hulle snuif aan ons ingewande
kwyl op ons lewer en nier

hulle breek ons borste oop
soos kalbasse
en suip ons melk bitter van die bloed

ons moet vir mekaar uitkyk
jy vir my en ek vir jou, my suster
die honderd oë van Argus oral op ons lywe

ons moet vir mekaar laer trek
die profiel van die honde aan lamppale vasspyker
ons gesigte lig om die reuk van hul rotasems te volg

ons moet uitkyk vir die honde
wat in die skadu van ons kontinent
skuil

  • 2

Kommentaar

  • EK WAG AL VIERHONDERD JAAR OM HIERDIE GEDIG TE LEES. Eintlik net vier. Maar dit het langer gevoel. Ek het steeds foto's van "Huid" op my rekenaar.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top