Homoseksualiteit

  • 15

Soos die geval met die Christelike godsdiens, is die Islam-godsdiens  ook hewig gekant teen enige vorm van homoseksualiteit.  Albei gebruik die verwoesting van Sodom en Gomorra (in die Bybel asook in die Quran) as God / Allah se afkeur vir die praktyk.

Hoe Islamietiese lande teenoor homoseksualiteit vandag optree, verskil weinig hoe Christelike lande so onlangs as selfs 70 jaar gelede in sekere lande opgetree het nie. Net soos met die Christelike lande van die verlede, het die optrede gewissel van land tot land.  300 Jaar gelede was dit openbare doodstraf in Nederland feitlik toegepas, terwyl Frankryk ‘n relatiewe neutral houding ingeslaan het. Met die demokratisering en skeiding van godsdiens van die sekulêre staat, het dinge vir die homoseksuele gemeenskap heelwat beter gevorder met vandag se amperes universele erkenning van gay-regte in die sogenaamde “Christelike”  lande, welke mate sodanige regte ook vandag wissel van land tot land, met SA die vryste onder hulle  almal.

Hierdie ewolusie is nou besig om ook in Islamietiese lande te bespeur.  Met die onlangse demokratisering in Noord-Afrika en Arabiese lande, is dinge beslis aan die roer vir die beter. Islamietiese Turkye het homoseksuele praktyke so vroeg as 1858 al ge-dekrimaliseer, lank voor selfs baie Wes-Europese Christelike lande dit gedoen het, met Engeland eers in die 1960’s als voorbeeld. Aan die teenoorgestelde kant word die openbare doodsvonnis van homoseksuele dade in Iran steeds vandag vel toegepas, met die ergste voorbeeld van twee 18-jarige seuns wat op 16-jarige ouderdom betrap was, skuldig bevind, daarna daagliks gelooi totdat hulle 18 was wanneer in terme van Iran se voldoening aan internasionale verdrag, hulle dan eers tereggestel kon word.

Die huidige Islamietiese koning van Marokko is gay volgens Radio Islam, wel nou getroud met kinders en troonopvolgers: “Dutch national television news' NOS-Journaal has reported that the new king of Morocco, Sidi Moulay Mohammed (Mohammed VI), is gay, according to the Dutch newspaper De Gay Krant.

Mohammed, 36, went to college in Brussels, Belgium, and regularly hung out in gay bars there, De Gay Krant said”. www.radioislam.org/eng/homosexual-king-of-Morocco.htm.  (Terloops Marokko was al eeue lank ‘n paradys vir Europese gays om veilig uiting aan hulle drange te kon gee, veral die Franse gays).

Afganistan, terwyl onder Taliban-beheer, het die openbare doodsvonnis van homoseksuele persone opgelê, deur hulle teen ‘n muur te plaas met dit wat dan bo-oor hulle met stootskrapers omgestoot was. (Hulle vorm van steniging van homoseksueles).  Voor hulle bewind, en vandag, het Afganistan die hoogste opgetekende insident van homoseksuele optrede van alle lande, so hoog as 45% onder die manlike bevolking geskat.

Visitors might think they see the signs. For one thing, Afghan men tend to be more intimate with other men in public than is common in the West. They will kiss, hold hands and drape their arms around each other while drinking tea or talking.

Moreover, there is a strong streak of dandyism among Pushtun males. Many line their eyes with kohl, stain their fingernails with henna or walk about town in clumsy, high-heeled sandals.

The love by men for younger, beautiful males, who are called halekon, is even enshrined in Pushtun literature. A popular poem by Syed Abdul Khaliq Agha, who died last year, notes Kandahar’s special reputation.

"Kandahar has beautiful halekon," the poem goes. "They have black eyes and white cheeks."

But a visitor who comments on such things is likely to be told they are not signs of homosexuality. Hugging doesn’t mean sex, locals insist. Men who use kohl and henna are simply "uneducated". Regardless, when asked directly, few deny that a significant percentage of men in this region have sex with men and boys. Just ask Mullah (dominee) Mohammed Ibrahim, a local cleric. "Ninety percent of men have the desire to commit this sin," the mullah says. "But most are right with God and exercise control. Only 20 to 50% of those who want to do this actually do it."
Following the mullah’s math, this suggests that between 18% and 45% of men here engage in homosexual sex — significantly higher than the 3% to 7% of American men who, according to studies, identify themselves as homosexual.  

Bron: Los Angeles Times, April 3, 2002

'n Ander ironie van die Islamietiese lande was, dat in dae toe eunuchs algemeen was, was dit geen sonde om hulle te sodomiseer nie, aangesien hulle nie as mans volgens die Quran beskou was nie.

Ten spyte van wat enige godsdiens oor die saak te sê het, is die menslike realiteite besig om die oorhand te kry, en soos die mag van die kommunikasiewese besig om die wêreld vinnig te laat krimp, so vinnig is die wanpersepsies deur ‘n wye spektrum godsdienste aangeblaas, ewe vinnig besig om te blus, en dit ook vir ‘n beter wêreld in die vooruitsig.

Jaco Fourie

 

  • 15

Kommentaar

  • Naskrif op bogenoemde:

     

    Die verklaring wat beweer word vir die  hoë insident van homoseksualiteit onder Afgan-mans is dat die vroue daar van kop tot tone bedek is met net 'n slit vir die oë.  Die meeste mans kry hulle eerste blik van hulle vrouens eers nadat hulle getroud is.  'n Tweede aspek is die veelwywery wat aan Moeslems toegelaat word wat die geslag verhouding kunsmatig versteur, waar die rykes tot vier vrouens en nog bykomstig byvrouens mag wettiglik aanhou.

     

    Jaco Fourie

     

     

  • Hi Kobus

     

    Lekker om te sien jy is nie  so verkramp om nie my briewe te  wil lees nie.  Toemaar.  Al gee ek nie kommentaar nie, lees ek  al jou briewe

     

    Jaco Fourie

  • Dag Jaco,

    jou "menslike realiteite" is maar net die mensdom wat meer en meer sondig raak, nes in die dae van Sodom. En die gevolg gaan dieselfde wees.

    As jy homoseksualisme in dieselfde brief as die Bybel wil bespreek, stel ek voor jy lees wat die Bybel daaroor sê.

    Dalk besef jy dan wat werklik die "realiteite" is.

     

    Voorspoedige ontnugtering

     

    Duitswester

  • Jaco,

     

    Met jou skrywe hierbo het jy weereens bevestig (en ek hoop ou Cornelius let op) dat dit toe nou nie Kobus, Henry, ek en ander ware gelowige christene is wat die onderwerp van homoseksualiteit gedurig ophaal nie - dit is "in fact" dikwels homoseksualiste self wat die onderwerp gedurigdeur ophaal en probeer regverdig en dan ook godsdiens (veral christenskap) daaby insleep - in jou geval nou die Islam ook.

     

    Gelukkig weet jy wat my (en ander ware gelowige christene se) opinie oor die homoseksualiteit onderwerp is en daarom dit daar gelaat.

     

    Wat ek wel net oor 'n opmerking wil maak is oor jou aanhaling:  

    "Ten spyte van wat enige godsdiens oor die saak te sê het, is die menslike realiteite besig om die oorhand te kry, en soos die mag van die kommunikasiewese besig om die wêreld vinnig te laat krimp, so vinnig is die wanpersepsies deur ‘n wye spektrum godsdienste aangeblaas, ewe vinnig besig om te blus, en dit ook vir ‘n beter wêreld in die vooruitsig."

     

    Die ironie van jou stelling is dat die Waarheid in die Woord van God net weer-en-weer onderstreep en bevestig word - ook ten opsigte van die ondergang en afdwalling van die wereld (menslike realiteits ingesteldes) weg van hul Skepper (God) af.  Dit is baie duidelik dat Jesus Christus se woorde waar is en die huidige uitkyk en toestand van die wereld is juis 'n aanduiding van die eind tye waarvan daar in die Woord van God duidelik gepraat word.

     

    Daarom, die "oorhand" wat die "menslike realiteite" (volgens jou) kry, is eintlik juis besig om tot die uiteindelike ondergang van die wereld te lei - en die verdere ironie is dat die "menslike realiteits" (sekulere humaniste ingesluit) ingestelde mense juis self daarvoor verantwoordelik is - en dit deur hul eie dwaasheid en sonder dat hulle dit agterkom. Verder "spog" hulle ook dikwels van hoe hulle (so dink hulle in hul onkunde) God en Sy Woord kan teestaan en deur hul eie waninterpritasies daarvan, dit (probeer) "verkeerd" bewys. Hulle bly eenvoudig siende blind en horende doof.

     

    Maar jy sien - deur hul wan-optredes en selfregverdiging - bring hulle juis die Woord van God in vervulling en bevestig die Waarheid daarvan. Die uiteinde van die saak is dat die wereld beslis nie "beter" word nie maar juis slegter daaraan toe is.

     

    Moet tog nie my skrywe sien as dat ek nou weer homoseksualiteit uitlig, aanval en verantwoordelik hou vir die huidige wêreldtoestand nie - dit is maar net een van die baie "onerkende" en "selfregverdigende" sondes wat tot die afdwaling van God af en die gevolglike aftakeling van die wereld en morele standaarde, bydra. Lees gerus weer jou? Bybel - dit kan dalk lig vir jou bring!?

     

    Vrede vir jou

     

    Dolf

  • Dollf en Duitswester

     

    Sal julle op enigiets ag slaan wat die Quran (Islam Bybel) te sê het?  Daar is wel biljoene mense wat die inhoud daarvan noukeurig navolg.  Ek twyfel.  Hoekom nie?  Want julle GLO nie dit is die woord van God nie, en anders om glo die Moeslem die Bybel is God se woord nie.

     

    Net soos die Moeslem nie kan bewys die Quran is God se woord nie, so kan julle ook nie bewys die Bybel is God se woord nie. 

     

    Nou watter waarde is dit vir julle om vir my die Bybel of die  Quran te kwoteer, albei waarin ek nie in glo dat enige god praat nie, maar net die versinsels van mense is.  Dit  kan wel in albei gevalle bewys word dat mense en geen god, fisies die boeke geskrywe het.

     

    Gebruik eerder 'n ander taktiek om my te oortuig ek lewe verkeerd.

     

    Jaco Fourie

  • Dolf

     

    Net 'n byvoegsel.  My opskrif was "Islam en Homoseksualiteit".  Die moderateur het my opskrif verander, dus die dat daar misverstand kan wees dat ek net oor homoseksualiteit wou gepraat het. 

     

    Dit is 'n vorige brief aan my uitgewys ek behoort dankbaar te wees ek bly nie onder Sharia-wetgewing nie. (Ek is dankbaar).  Die doel van my brief was om uit te wys die geveinstheid van die Islamietiese geloof (nes die Christelike geloof) wat homofobies is, maar onder hulle eie mense,nes die res van de wêreld, kry jy homosekuele dade, dade wat nie maklik is om onderdruk ten spyte van godsdiens nie.  Nie net homoseksuele dade, maar ook  heterosekuele dade wat beide die Bybel en die Quran voorskrittelik  omskrywe.  In albei gevalle 'n striemende ysterband om die breins van hulle aanhangers.

     

    Jaco  Fourie

  • Kobus de Klerk

    Jaco,

    Die inligting wat jy gee is ooglopend oordrewe en die bewerings wat jy maak oor die insidensie van homoseksuele neigings is óf jou eie maaksel, óf is sommer net ’n versinsel, of is verskaf deur ’n persoon wat self homoseksuele neigings het. En selfs dán is dit hopeloos onrealisties en oordrewe.

    Die punt is eenvoudig – heteroseksuele mense walg in selfs die gedagte aan ’n erotiese verhouding met iemand van dieselfde geslag. Daarom is die bewerings wat jou voorhou, oor die kamstige verskuilde neigings, absoluut snert en het dit geen verband met die werklikheid, nie. Dit is natuurlik maar die kunsmatige manier hoe homoseksuele praktisyns daardie absolute onnatuurlikheid wat hul bedryf, in die internasionale milieu van normale heteroseksuele verhoudings, dit vir hulself probeer ‘rasionaliseer’ – deur selfbedrog.

    Die ander mense met homoseksuele neigings maar met ’n verantwoordelike benadering daarteenoor, sal hoegenaamd nie met jou saamstem, nie en selfs aanstoot neem – soos jy uit Kobus1 se kommentaar kan agterkom. Dit is hierdie tipe van goedkoop en deursigtige ‘reklame’ vir die praktyk van homoseksualisme wat deur jou en ander aktiviste bedrywe word, wat vir verantwoordelike mense met homoseksuele neigings nie net ’n verleentheid is, nie, maar hulle almal in ’n baie swak lig, stel.

    Dan is daar ook die sogenaamde redes vir Islamitiese mans wat kwansuis so homoseksueel sou wees weens hul ‘lelike’ vroue wat kwansuis onder die sluiers te voorskyn sou kom na die huwelik, en die beweerde tekort aan vroue – dit is snert. Eerstens, wanneer die vrou aan die man beloof is, sien hy haar in die privaatheid van die huis sónder sluier (niqhab of burqa) – maar sy gaan dikwels nie so op straat, voor vreemde mans, nie en is ook nie verplig om die niqhab te dra, nie, selfs ander vorme van sluier wat die gesig ooplaat, is in orde. Tweedens, ’n ‘lelike’ vrou (die enigste ‘lelike’ vrou wat ek nog ooit gesien het, was ’n butch lesbiese vrou wat moeite gedoen het om soos ’n man te lyk en erger as ’n matroos te skree en vloek) - as daar ooit soiets bestaan – het nog nóóit ’n normale heteroseksuele man na homoseksualiteit gedrywe nie. Watter onsinnige bewering. En, jou eie vertelling weerspreek jou – as daar dan 4+ voue vir die mans is om mee te trou én dan nog boonop konkubinate óók aan te hou, is daar mos oorvloed van vroue! Of is dit jou sinnelose argument dat oorvloed vroue mans eerder na ander mans sal drywe?

    Oor die beweerde ‘aanvaarbaarheid’ van homoseksualisme het ek alreeds vir jou verduidelik – dit is ’n hersenskim. God het dit teen homoseksuele praktyke en vir dáárdie rede sal dit nóóit algemeen aanvaarbaar wees of gesien word as ’n ‘natuurlike’ praktyk, nie. Die meeste mense op aarde is gelowiges en het 'n natuurlike weersin in homoseksuele praktyke omdat God die mens só geskape het. Dit is onnatuurlik en weersinwekkend vir die meeste mense.

    Die waarheid is dat heteroseksuele mense die praktyk van homoseksualisme verdra soos mens ’n ernstige aansteeklike siekte sou ‘verdra’ – dit is daar, so… maar op ’n afstand - moenie dit naderbring nie… dán is daar pêre.

    Meeste van die bewerings wat jy maak oor veelwywery en seksuele permissiwiteit onder Islamitiese mans, is lynreg teen die quran. Wonder wat sal hul sê van jou bewerings…

    Dit is nié die eerste keer dat jy sulke ooglopend wilde stellings ter ‘bevordering’ van die praktyk van homoseksualisme maak, nie. Jy slaag nie, as jou bedoeling is om dit te bevorder, want mens kry net meer en meer weersin daarin by die aanskoue van sulke blatante, openlik desperate, pogings om die onaanvaarbare vir die massiewe meerderheid, in ’n kleed van aanvaarbaarheid te probeer inforseer deur aanwending van verdraaiings, swak argumente en leuens.

    Kobus de Klerk

  • Kobus

     

    In godsdiens en die Bybel het ek jou by herhaling betrap waar jy stellings maak  wat nie in die Bybel staan nie (jou Spirituele Intellegensie). Nou bedryf jy dieselfde taktiek hier deur te sê asof dit feitlik is: "Die inligting wat jy gee is ooglopend oordrewe en die bewerings wat jy maak oor die insidensie van homoseksuele neigings is óf jou eie maaksel, óf is sommer net ’n versinsel, of is verskaf deur ’n persoon wat self homoseksuele neigings het. En selfs dán is dit hopeloos onrealisties en oordrewe."   Dit nadat ek in my brief direk van die Los Angeles  Times gekwoteer het, wat geensins my menings is nie.  Wat ek nie in my brief gemeld nie is dat die VSA 'n militere verslag genoemd die "Fox Report" wat 'n indiepte studie daarvan gemaak het.  Verder kan jy op die internet onder Afgan Homoseksuality ingang en op baie ander skakels soortgelyke inligting bekom.

     

    Omdat enige feite nie jou raamwerk van aanvaarding pas nie, maak dit nie daarvan dat daar gelieg word nie

     

    Terloops. Wat my die afgelope tyd opval is hoe Dolf en jy so onmiddellik agter mekaar en in 'n soortgelyke skryfstyl so gereeld gesamentlik respondeer.  Moet ek enigiets daarin lees?

     

    Jaco Fourie

     

     

  • CorneliusHenn

    Kobus, ... goeie stukkie kommentaar ... behalwe dat homoseksualiteit nie aansteeklik nie is ... Jaco vertel lank reeds dat hy dit eerder as (rond)steeklik ervaar ... MAAAAA ....AAAARRRRrrr .... al was homoseksualiteit so walglik en afstootlik soos melaatsheid vir 'n spiritueel intelligente soos jy (skrifgeleerde en Fariseër van ouds), sal ek liefs soos Jesus Christus onse HERE in Sy liefde en genade tussen die "onreines" wees en hulle as my naaste dien ... jou amigo in Adam ... Ekke ...

  • Kobus de Klerk

    Jy het my op niks betrap nie, Jaco. Ek sê nie dinge wat nie in die Woord staan nie, as gelowige verklaar ek vir jou wat daar staan, wat jy as ateïs, nie verstaan nie, want juis daarom is jy 'n ateïs!  Dis mos darem logies. Dus, ons betrap jou gereeld waar jy jou uitlaat oor dinge wat jy nie verstaan, nie - wanneer jy jou oor die Woord en die betekenis daarvan, uitlaat. Dit is dalk al hoog tyd dat jy met enige aanwending van jou intelligensie al moes besef dat daar 'n rede is waarom ons gelowiges is, en mense soos jy, nie. Dit is omdat ons juis verstaan en glo, en jy nie een van die twee doen, nie.

    Wat jou aanhalings uit die LA Times aanbetref, is dit maar 'n klein gedeelte van alles wat jy kwytraak. Dus, ek volstaan by wat ek hierbo gesê het - ek het mos duidelik gesê óf jou eie maaksel, óf is sommer net ’n versinsel, of is verskaf deur ’n persoon wat self homoseksuele neigings het. Sommige koerantjoernaliste  kan ressorteer as synde 'n persoon wat self homoseksuele neigings het en vanuit daardie oogpunt skrywe - duidelik! As die joernaliste enigsins geweet het hoe dit met normale mans is, sou hulle van die onsinnigheid van sulke bewerings bewus wees.

    Ja, ek en Dolf het iets in gemeen en jy kan gerus iets daarin lees - ons is beide ware gelowiges en word deur dieselfde Gees gelei in wat ons sê, hoewel ons skryfstyle vir die oplettende persoon aansienlik verskil. En helaas, dit gaan nie oor die persoon of die skryfstyl nie, maar wat gesê word.

  • Cornelius

     

    (Rond)steeklik!  Pragtige humor.  Moet dit onthou om in  die toekoms self te gebruik. Dankie

     

    Jaco Fourie

  • Kobus de Klerk

    O, hulle is my naastes, Cornelius, maar dit regverdig nie de onheil wat hulle probeer regverdig net omdat hulle dit doen, nie. Juis omdat hulle my naastes is, en ek vir hulle uiteindelike heil omgee, sal ek hulle help deur hulle tereg te wys instede van die blinde oog te draai en hulle te laat begaan en vergaan. Hulle kan dan een van twee dinge doen - of my teregwysing in dwaasheid verwerp of my teregwysing in wysheid aanvaar  - in beide gevalle dra hulle self die gevolge, en nie ek, nie.

    Jy sien, as jy ons HERE Jesus Christus geken het, sou jy mos weet, dat dit juis is wat HY wil hê ons vir mekaar moet doen - mekaar moet reghelp wanneer nodig. Om iemand te wys op die spirituele en fisiese gevaar wat sy eie optrede vir hom inhou en waar dit vandaan kom, is glad nie om so 'n persoon te veroordeel nie, maar juis om so 'n persoon te help deur hom van uiteindelike veroordeling deur sy eie optrede, te red.

    En, homoseksualisme - die praktyk daarvan - is inderdaad meer 'aansteeklik' as wat jy mog dink. Baie van hulle wat daarvan bekeer word, erken dat hulle so geword het weens blootstelling daaraan.

    Kobus de Klerk

  • Die heiden sê jy lewe reg, G_d sê jy lewe verkeerd.

    Jy glo nie aan G_d nie.

    So wat is jou probleem, maak soos jy lus kry en geniet jouself gate uit.

    Of is daar iets iewers in jou agterkop wat nie meer so lekker sin maak nie?

     

    Cheers

    Duitswester

     

  • Jaco,

    jy is reg, niemand gaan jou oortuig dat die Bybel of die Quran die ware woord van G_d is nie. Jy is verder reg deur te sê dat beide deur mense geskryf is. Slegs die oorspronklike gebooie is deur G_d geskryf, lees die Bybel en leer hoekom G_d nie 'n lessenaar by Moshe geleen het om gou bietjie te skryf nie.

     

    Sê my. onder watter omstandighede sou jy aanvaar dat die Bybel die woord van G_d is?????? Hoe sou jy wou hê G_d se woord moet die mens bereik? Kan jy aan 'n beter manier as deur Moshe en die profete dink?

     

    Duitswester

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top